Julle moet altyd bly wees. Julle moenie ophou bid nie. Julle moet altyd dankbaar wees, dit maak nie saak wat gebeur nie. Dit is wat God wil hê julle moet doen omdat julle in Christus Jesus glo. Julle moenie keer wanneer die Heilige Gees werk nie. Dit beteken julle moenie 'n profeet stilmaak nie. Maar julle moet ook nie alles glo wat mense sê nie. Julle moet toets wat mense sê en kyk of dit regtig is wat God wil hê. Dan sal julle weet wat goed is. Bly weg van alles wat sleg is. Ons bid dat God wat vrede gee, julle aan Hom sal wy sodat julle sal doen wat Hy wil hê. Ons bid ook dat wanneer ons Here Jesus Christus kom, julle heeltemal skoon sal wees, julle gees, julle hart en julle liggaam. Dan sal niemand julle kan beskuldig nie. God sal doen wat Hy belowe het, Hy het julle gekies en Hy sal dit doen. Vriende, julle moet asseblief ook vir ons bid. Groet al die gelowiges met 'n soen wat wys dat julle almal aan Christus behoort.
Lees 1 Tessalonisense 5
Deel
Vergelyk alle weergawes: 1 Tessalonisense 5:16-26
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's