1 Petrus 5:8-10

1 Petrus 5:8-10 ABA

Julle moet goed dink wat julle doen en julle moet wakker wees. Julle vyand, die duiwel, loop rond soos 'n leeu wat brul, hy soek iemand om op te vreet. Julle moet veg teen die duiwel, julle geloof moet baie vas wees. Julle moet weet dat daar mense in die hele wêreld is wat ook in Christus glo, soos julle, en hulle kry ook so swaar soos julle. Julle het al klaar 'n kort rukkie swaargekry, maar God is altyd baie goed. Hy het besluit dat julle wat aan Christus Jesus behoort, vir altyd by Hom moet wees, by Hom wat die Koning is. Dit is Hý wat vir julle sal gereedmaak, Hy sal julle help, Hy sal julle sterker maak, en Hy sal julle vas laat staan sodat julle nie sonde doen nie.

Video vir 1 Petrus 5:8-10