Julle moet baie bly wees dat God julle wil red. Julle kry nou baie swaar en julle dink dat julle miskien moet ophou om vir God te dien. Maar julle sal net 'n kort tydjie swaarkry. Hierdie dinge wat julle laat swaarkry, toets julle geloof, en julle geloof is meer kosbaar as goud. Goud bly nie altyd dieselfde nie, maar 'n mens smelt goud in vuur om dit skoon te maak. Wanneer julle swaarkry en wanneer God julle geloof toets, dan sal mense sien dat julle geloof beter is as goud wat mense gesmelt het. Wanneer Jesus Christus weer kom, dan sal julle belangrik wees, God sal julle prys en vir julle eer gee. Julle het nooit vir Jesus Christus gesien nie, maar julle is lief vir Hom. Julle sien Hom nou ook nie, maar julle glo in Hom. Ja, julle is baie bly, 'n mens kan nie met woorde sê of verduidelik hoe bly julle is nie, dit is God wat julle so bly maak. Julle is bly, want julle weet wat julle gaan kry: God sal vir julle red, julle wat in Christus glo. Die profete het baie hard probeer om uit te vind hoe God vir julle sal red, en hulle het vir julle die boodskap van genade gebring. Die Gees van Christus wat in die profete gewoon het, het lank gelede vertel dat Christus baie swaar sal kry en dat Hy daarna Koning sal wees. Die profete het probeer om uit te vind wanneer en hoe die dinge met Christus sal gebeur, die dinge waarvan die Gees gepraat het. God het vir die profete gewys dat hulle die goeie boodskap nie vir hulleself moes bring nie, maar vir julle. God het die Heilige Gees gestuur, en die Heilige Gees het vir die profete die goeie boodskap gegee wat hulle nou vir julle gebring het. Die engele wil ook graag hierdie dinge weet. Daarom moet julle gereed wees, julle moet goed dink wat julle doen en julle moet wag en heeltemal seker wees dat God genadig sal wees vir julle op die dag wanneer Jesus Christus kom.
Lees 1 Petrus 1
Deel
Vergelyk alle weergawes: 1 Petrus 1:6-13
5 Days
Encouragement from a mom who launched her seven children and lived to tell about it. Part 4 of 12 devotions in this series from Robin Meadows.
This Life.Church Bible Plan is a study of 1 Peter to accompany Pastor Craig Groeschel’s series, Different. In this world, you’ll have struggles. You’ll face opposition. You’ll be challenged. And there’s a reason for that: this world is not your home. So answer hate with love, find joy in the midst of trials, and rely on a strength beyond yourself. You’re meant to be … different .
Maybe God isn’t who you think He is. Maybe He’s much better. This devotional will help identify some Christian clichés we’ve all heard that are actually unbiblical lies. These clichés may seem innocent, but are harmful to our faith and keep far too many believers stuck in spiritual immaturity. Learn to encounter these lies is with the truths about God in the Bible, that bring encouragement and freedom to our lives.
There are people in the world who are vibrant. Their joy is contagious, their peace is deep, and their compassion is engaging. You were chosen to live vibrantly at your moment in history. Not only have you been given the job of living vibrantly, but you have also been fully equipped to live a vibrant and expansive life.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's