Daar in Gibeon het die Here een nag aan Salomo verskyn en vir hom gesê: “Jy mag vir My enige iets vra, en Ek sal dit vir jou gee.” Salomo het toe gesê: “U het vir my en vir my pa Dawid gedoen wat U belowe het. My pa het aangehou om U te dien, en hy was 'n regverdige en eerlike mens wat vir U gedien het. U het gedoen wat U vir hom belowe het en U het vir hom 'n seun gegee wat vandag op sy troon sit. My God die Here, U het my die koning laat word in my pa se plek, maar ek is baie jonk en ek weet nie hoe om 'n leier te wees nie. Ek is hier saam met u volk, U het hulle gekies. Hulle is 'n groot volk, so groot dat 'n mens hulle nie kan tel en elkeen se naam kan noem nie. U moet my help om gehoorsaam te wees aan U sodat ek reg kan regeer oor u volk en sodat ek kan weet wat reg is en wat verkeerd is. Niemand kan oor hierdie belangrike volk van U regeer as U hom nie help nie.” Die Here was bly dat Salomo dit gevra het. Hy het vir Salomo gesê: “Jy het dit gevra, jy het nie 'n lang lewe gevra of om ryk te word nie, of dat jou vyande moet sterf nie. Jy het gevra dat jy sal weet wat reg is. Daarom sal Ek nou doen wat jy gevra het. Ek gee vir jou wysheid en verstand, niemand vóór jou het soveel wysheid gehad nie en niemand ná jou sal soveel wysheid hê nie.
Lees 1 Konings 3
Deel
Vergelyk alle weergawes: 1 Konings 3:5-12
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's