Die koning van Israel en koning Josafat van Juda het gegaan na die stad Ramot in Gilead. Die koning van Israel het vir Josafat gesê: “Ek sal ander klere aantrek sodat mense nie sal weet wie ek is nie en dan sal ek saam met die manne oorlog begin maak. Jy moenie jou koningsklere uittrek nie.” Die koning van Israel het toe ander klere aangetrek en hy het saam met die manne oorlog begin maak. Die koning van Aram het 32 offisiere van die oorlogkarre by hom gehad. Hy het vir hulle gesê: “Julle moet net die koning van Israel skiet. Julle moenie die ander manne skiet nie, dit maak nie saak of hulle belangrik of onbelangrik is nie.” En toe die offisiere van die oorlogkarre vir Josafat sien, het hulle gedink dit is die koning van Israel. Hulle het nader gekom om hom te skiet. Josafat het geskree en gevra sy mense moet help, en toe die offisiere sien dit is nie Agab, die koning van Israel, nie, het hulle opgehou om vir Josafat te jaag. Een van die Arameërs het 'n pyl geskiet. Hy het nie geweet waarnatoe die pyl gaan nie. Hy het die koning van Israel raakgeskiet. Die pyl het ingegaan onder die plate van sy harnas. Die koning het vir die man wat sy oorlogkar gedryf het, gesê: “Draai om en neem my uit die oorlog, want iemand het my raakgeskiet.” Maar almal het daardie dag so hard geveg dat die koning op sy oorlogkar moes bly staan teen die Arameërs. Toe dit aand word, het hy gesterf. Die bloed uit die wond het afgeloop op die vloer van die oorlogkar. Toe die son ondergaan, het die offisiere begin skree dat die oorlog moet ophou. Hulle het gesê: “Elkeen moet na sy stad gaan, elkeen na sy land.” Die koning was dood toe hulle in Samaria aankom. Sy mense het hom in Samaria begrawe.
Lees 1 Konings 22
Deel
Vergelyk alle weergawes: 1 Konings 22:29-37
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's