So sal dit ook wees wanneer God die mense wat dood is, weer laat lewe. Die mense begrawe 'n liggaam soos hulle 'n koringkorrel in die grond plant, en die liggaam word stof, maar God laat 'n liggaam lewe wat nie stof kan word nie. Die mense begrawe 'n liggaam wat lelik is, maar God laat 'n liggaam lewe wat mooi is. Die mense begrawe 'n liggaam wat swak is, maar God laat 'n liggaam lewe wat sterk is. Die mense begrawe 'n liggaam wat nie alles kan doen wat God wil hê nie, maar God laat 'n liggaam lewe wat alles kan doen wat God wil hê. As daar 'n liggaam is wat nie alles kan doen wat God wil hê nie, dan moet daar ook 'n liggaam wees wat alles kan doen wat God wil hê. In die Ou Testament is geskryf: Adam, die eerste mens, het iemand geword wat lewe. Maar die laaste Adam, Christus, het iemand geword wat geestelike lewe gee. Julle moet onthou, die liggaam wat alles kan doen wat God wil hê, is nie eerste nie. Die liggaam wat nie alles kan doen wat God wil hê nie, is eerste, daarna kom die ander liggaam. God het die eerste mens gemaak van die stof van die aarde. Maar die tweede Mens kom uit die hemel. Die mense van stof is soos Adam, hy was die eerste mens van stof. Die mense van die hemel is soos Christus, Christus is die Mens uit die hemel. Nou is ons soos die mens van stof, maar eendag sal ons wees soos die Mens uit die hemel.
Lees 1 Korintiërs 15
Deel
Vergelyk alle weergawes: 1 Korintiërs 15:42-49
6 Days
We all have a common denominator. We will die. I will die. You will die. Death will defeat you. You won’t be able to dodge it, sidestep it, trick it or make it disappear. But then there is Jesus, the man who defeated the grave. Jesus stood toe to toe with the grave and defeated death. When Jesus talks, the grave speaks.
24 dae
"Hoe moet 'n Christen lewe?" Is die onderwerp wat in die eerste brief aan die Korintiërs aangespreek word, en gee praktiese sorg en regstelling aan die kwessies wat jong Christene in die gesig staar. Reis daagliks deur 1 Korintiërs terwyl jy na die oudiostudie luister en uitgesoekte verse uit God se woord lees.
30 Days
Every journey requires supplies. On the journey of life, some of the best supplies are God’s Word and a bit of encouragement from friends. This Our Daily Journey reading plan features 30 days of writing from trusted authors whose insights speak into your life. Each short devotional contains a story supported by multiple Scripture references as well as a “Next” section to help you think more deeply. Make the most of your devotional time with truth and encouragement from Our Daily Journey.
13 Dae
As jy nuut is in die Christelike geloof, is daar baie om te leer. Mens kan maklik verdwaal in al die stories, sleutelwoorde en waarhede waaroor Christene praat. Hierdie leesplan gee 'n kort opsomming van die basis van die Christelike geloof, deur 'n eeueoue geloofsbelydenis te lees waaroor feitlik alle kerke wêreldwyd saamstem. Dit is die kern van Christenskap wat jy regtig moet weet!
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's