Julle moet vir die Here sing,
al die mense op die aarde
moet dit doen.
Julle moet elke dag
die goeie nuus bring
dat die Here mense red.
Julle moet vir die volke vertel,
vir al die volke,
julle moet vertel
dat die Here Koning is
en dat Hy wonderwerke doen.
Want die Here is groot,
mense moet Hom baie prys,
hulle moet vir Hóm bang wees,
nie vir al die afgode nie.
Want al die gode
van die volke beteken niks,
maar dit is die Here
wat die hemel gemaak het.
Almal wat Hom dien,
weet dat Hy Koning is,
almal in sy woonplek is bly,
hulle weet dat Hy
die sterk Koning is.
“Julle almal, al die volke,
julle moet die Here prys,
julle moet Hom prys,
want Hy is Koning,
Hy is sterk.
Julle moet die Naam
van die Here prys,
julle moet presente bring
en na Hom toe kom,
julle moet buig voor die Here,
die heilige Koning.
Al die mense op die aarde,
julle moet bang wees vir Hom
en bewe.
Hy laat die aarde vas staan,
dit skud nie.
Die hemel moet bly wees,
die aarde moet juig,
hulle moet vir die volke sê:
‘Die Here is Koning.’
Die see en alles in die see
moet raas en dreun,
die veld en alles in die veld
moet juig en skree.
Dan sal al die bome
in die bos sing
vir die Here,
want Hy kom
om te regeer oor die aarde.
Julle moet vir die Here
dankie sê,
want Hy is goed,
ja, Hy doen altyd wat Hy
belowe het.