“Dan sal Ek die volke ’n suiwer taal gee sodat hulle almal die HERE aanroep en Hom saam aanbid. Selfs my volk wat verstrooi is tot oorkant die riviere van Etiopië sal kom om vir My offers te bring. Dan hoef julle nie langer skaam te wees vir wat julle gedoen het toe julle teen My in opstand gekom het nie. Ek sal ontslae raak van hoogmoediges en arrogante mense onder julle. Julle sal nie meer vol verwaandheid op my tempelberg aanbid nie. Ek sal eenvoudiges en behoeftiges onder julle laat oorbly. Hulle sal op die HERE vertrou. Die mense van Israel wat oorbly, sal nie verkeerde dinge doen nie. Hulle sal nie leuens vertel nie en mekaar ook nie bedrieg nie. Hulle sal soos skape rustig wei en gaan lê om te slaap sonder om vir iemand bang te wees.”
Lees SEFANJA 3
Luister na SEFANJA 3
Deel
Vergelyk alle weergawes: SEFANJA 3:9-13
9 dae
Sefanja waarsku Israel dat God hulle gaan oordeel, maar sê ook vir hulle hoe lief Hy hulle het en hoe Hy eendag met sang oor hulle sal jubel. Reis daagliks deur Sefanja terwyl jy na die oudiostudie luister en uitgesoekte verse uit God se woord lees.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's