SEFANJA 2:4-10

SEFANJA 2:4-10 NLV

Gasa sal verlate lê en Askelon sal verwoes word. Laatmiddag sal Asdod se inwoners uitgedryf wees en Ekron se inwoners uitgeroei wees. Dit sal ellendig gaan met hulle wat van Kreta af kom, met hulle wat woon langs die kus by die see. Dit is die HERE se boodskap vir julle: “Kanaän, land van die Filistyne, Ek sal jou vernietig, en geen inwoners sal meer oorbly nie. Die kusgebied sal ’n weiveld wees, ’n kampplek vir herders, en ’n skuiling vir skape.” Dit sal ook ’n weiplek wees vir die oorblyfsel van Juda. In die aand sal die huise van Askelon hulle rusplekke wees. Die HERE hulle God sal vir hulle sorg en hulle weer voorspoedig maak. “Ek het gehoor hoe Moab verkleinerend praat, en hoe die Ammoniete die spot dryf. Hulle het my volk verneder en hulle grondgebied bedreig. Daarom,” sê die HERE, die Almagtige, die God van Israel, “sowaar as wat Ek lewe, Moab sal word soos Sodom en Ammon soos Gomorra. Hulle lande sal vol onkruid en soutpanne wees, ’n woesteny vir altyd. Dié van my volk wat oorleef het, sal hulle beroof. Die oorblyfsel van my volk sal hulle land inneem.” Dit is wat hulle kry in ruil vir hulle verwaandheid, want hulle het my volk verkleineer en beledig, sê die HERE, die Almagtige.