Ek is donker en ek is pragtig, vroue van Jerusalem. Ek het die kleur van die tente van Kedar en die tentdoeke van Salomo. “Moenie my so staan en bekyk omdat ek donker is nie. Die son het my so gebrand. My broers was kwaad vir my. Daarom het hulle my die wingerde laat oppas. My eie wingerd moes ek verwaarloos. Sê vir my, my liefling, waar laat jy jou kleinvee wei? Waar gaan jy met hulle oorstaan vanmiddag? Hoekom moet ek my agter ’n sluier versteek om na jou te gaan soek by die veetroppe van jou vriende?” “As jy nie weet nie, mooiste van die vroue, loop op die spore van die skape en laat jou bokkies wei daar by die veewagters se tente. “My beminde, jy is vir my soos ’n perd voor die farao se oorlogwa. Jou wange is pragtig met oorbelle versier. Jou nek is mooi met juwele versier. Ons maak vir jou oorbelle van goud, met silwer versiersels daarin.” “Terwyl die koning by sy tafel is, versprei die geur van my nardusparfuum. My liefling is vir my ’n sakkie mirre tussen my borste. My liefling is vir my ’n bos hennablomme uit die wingerde van En-Gedi.” “Jy is pragtig, my beminde. Jou oë is so mooi soos die oë van duiwe.”
Lees HOOGLIED 1
Luister na HOOGLIED 1
Deel
Vergelyk Alle Weergawes: HOOGLIED 1:5-15
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's