OPENBARING 19:13-16

OPENBARING 19:13-16 NLV

Hy het klere aangehad wat in bloed gedoop is, en sy Naam was: Die Woord van God. Die leërs van die hemel het Hom op wit perde gevolg. Hulle het fyn, helder wit klere aangehad. Uit sy mond het daar toe ’n skerp swaard gekom om die nasies mee te verslaan, en Hy sal hulle soos met ’n ysterstaf beheer. Hy sal self die parskuip vir die wyn trap, dit is die wyn van die toorn en woede van God, die Almagtige. Op sy kleed, by die heup, was ’n Naam geskryf: “Koning van die konings en Here van die heersers.”

Video vir OPENBARING 19:13-16