Kom na my toe en red my lewe. Bevry my tog van al my vyande. U ken die beledigings, die vernedering en die skande; U het al my vyande gesien. Hulle beledigings het my gebreek, en ek is radeloos. Ek het gesoek vir meegevoel, maar tevergeefs; vir ’n bemoediger, maar daar was niemand. In plaas van kos gee hulle my gif; hulle gee asyn om my dors te les. Laat die feesmaal op hulle tafel ’n strik word. Laat hulle welvaart hulle ondergang wees. Laat hulle oë blind word, en hulle liggame al swakker. Stort u woede uit op hulle; laat u brandende toorn hulle verteer. Mag hulle wonings leeg staan en hulle tente verlate. Hulle vervolg die een wat U reeds getref het en vertel van die pyn van dié wat U deurboor het. Stapel hulle sonde op sodat hulle nie sal deel in u vryspraak nie. Wis uit hulle name uit die Boek van die Lewe sodat hulle nie as regverdiges opgeteken sal word nie. Ek is ellendig en in pyn. Laat u redding, o God, my beveilig. Ek sal God se Naam loof met sang, Hom met danksegging verheerlik. Die HERE verkies dit bo bulle en bo ’n volmaakte offerdier. Die verdruktes sal dit sien en bly wees. Laat almal wat God dien, weer moed skep, want die HERE hoor dié in nood, en vergeet nie sy mense wat in aanhouding is nie. Laat hemel en aarde Hom prys, die see en alles wat daarin beweeg. Want God sal Sion red en die stede van Juda herbou. Sy volk sal daar woon en die land besit.
Lees PSALMS 69
Luister na PSALMS 69
Deel
Vergelyk alle weergawes: PSALMS 69:19-36
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's