PSALMS 60:1-12

PSALMS 60:1-12 NLV

U het ons verstoot, o God, ons verdediging afgebreek. U was vir ons kwaad; herstel tog u guns oor ons. U het ons land geskud en dit oopgeskeur. Heel tog die krake, want dit stort ineen. U het u volk laat swaarkry, ons wyn laat drink wat ons laat slinger. Vir dié wat U dien, het U ’n vaandel gehys, ’n versamelplek teen die boogskutters. Sela Red ons met u krag en help ons sodat U u geliefde volk kan red. In sy heilige woonplek het God gesê: “As oorwinnaar sal Ek Sigem verdeel en die vallei van Sukkot uitmeet. Gilead is Myne, ook Manasse behoort aan My. Efraim sal my krygsmanne voortbring en Juda sal my konings oplewer. Moab sal my dienaar word en Edom sal my slaaf wees. Oor Filistea juig Ek as oorwinnaar.” Wie sal my lei na die versterkte stad? Wie sal my na Edom toe bring? Het U ons verwerp, o God? Sal U, o God, saam met ons leërs opruk?

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid