PSALMS 36:7-11

PSALMS 36:7-11 NLV

U regverdigheid is soos die hoogste berge, u oordeel soos die diepste waters. U sorg vir mense en diere, HERE. Hoe kosbaar is u trou, o God! Die hele mensdom vind skuiling in die skadu van u vleuels. U voed hulle uit die oorvloed van u huis, en laat hulle drink uit strome van vreugde. Want by U is die fontein van die lewe, in u lig sien ons die lig. Laat u goedheid bly by dié wat U erken en u regverdigheid by dié wat opreg is.