PSALMS 25:5-9

PSALMS 25:5-9 NLV

Lei my deur u waarheid en leer my, want U, o God, is my redder. Die hele dag wag ek vol hoop op U. Dink, o HERE, aan u liefde en medelye, van altyd af deur U bewys. Moenie dink aan die opstand en die sonde van my jeug nie; HERE, dink eerder aan my met troue liefde, ter wille van u goedheid. Die HERE is goed en doen wat reg is. Daarom wys Hy vir sondaars die regte pad. Mag Hy die nederiges op die regte weg lei, en vir dié wat beskeie is, sy pad leer.