PSALMS 23:1-6

PSALMS 23:1-6 NLV

Die HERE is my herder; daar is niks wat my ontbreek nie. Hy laat my lê in groen weivelde; na water waar rus is, lei Hy my. Hy gee my nuwe krag. Hy lei my op die pad van geregtigheid tot eer van sy Naam. Wanneer ek loop in ’n baie donker kloof, sal ek nie bang wees nie, want U is naby my. U stok en u staf beskerm en ondersteun my. U berei vir my ’n feesmaal voor die oë van al my vyande. U verwelkom my as ’n eregas deur my kop te salf met olie en my beker oorvol te maak. Waarlik, u goedheid en trou vergesel my al die dae van my lewe; en ek sal bly in die huis van die HERE so lank as wat ek lewe.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid