Hulle verdeel my klere onder mekaar en deur die lot te werp deel hulle my kledingstukke. HERE, bly nie ver van my af nie! U is my sterkte; help my tog gou! Red my van die swaard, red my kosbare lewe uit die mag van hierdie honde. Red my uit die bek van die leeu, van die horings van wilde beeste. U het my gebed verhoor! Aan my broers maak ek u Naam bekend. In die vergadering verkondig ek u lof. Prys die HERE, julle almal wat Hom dien! Verheerlik Hom, nakomelinge van Jakob! Betoon eerbied aan Hom, nageslag van Israel! Want die leed van hulle in nood ignoreer Hy nie; vir hulle maak Hy nie sy oë toe nie. Hy luister na hulle geroep om hulp. Van U af kom my lofsang in die groot vergadering; voor hulle wat U dien, sal ek my geloftes nakom. Dié in nood sal eet en versadig word. Almal wat die HERE dien, sal Hom loof. Mag hulle harte bly wees vir altyd. Die hele aarde sal die HERE erken en na Hom toe terugkeer. Mense uit elke nasie sal Hom weer dien. Want die koningskap behoort aan die HERE! Hy heers oor al die nasies. Laat die rykes van die wêreld feesvier en Hom aanbid. Laat al wat sterfling is, voor Hom buig; hulle wat sterflik is en bestem is vir die graf. Die nageslag sal Hom dien. Die komende geslagte sal van die Here hoor.
Lees PSALMS 22
Luister na PSALMS 22
Deel
Vergelyk Alle Weergawes: PSALMS 22:19-31
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's