PSALMS 147:3-7

PSALMS 147:3-7 NLV

Hy genees die gebroke hart, en verbind hulle wonde. Hy tel die sterre en noem hulle almal by die naam. Groot en magtig is ons Here. Sy kennis ken geen grense nie. Die HERE ondersteun onderdruktes, maar goddeloses gooi Hy neer op die grond. Sing ’n danklied aan die HERE; sing lofliedere vir ons God met begeleiding van die harp.