Red my van bose mense, HERE, beskerm my van gewelddadiges wat in hulle harte boosheid beplan en die hele dag vyandskap aanhits. Hulle tonge is giftig soos ’n slang; hulle woorde venynig soos adders. Sela HERE, hou my uit die hande van goddeloses. Bewaar my van gewelddadige mense wat saamspan om my te laat val. Trotsaards het vir my ’n strik gestel; ’n net van toue het hulle gespan, en op die pad vir my wippe gestel. Sela Ek het vir die HERE gesê: U is my God! Luister tog, HERE, na my gebed om genade! Oppermagtige HERE, my sterke redder, U bewaar my op die dag van die veldslag. HERE, moenie toegee aan begeertes van bose mense nie. Moenie toelaat dat hulle planne suksesvol is nie. Sela Mag die leiers wat my omsingel, oorspoel word met die boosheid waarvan hulle praat. Laat gloeiende kole op hulle val, laat vuur op hulle val. Uit modderputte sal hulle nie kan kom nie. Moenie toelaat dat lasteraars hulle in ons land vestig nie. Laat mense van geweld keer op keer met rampe getref word. Maar ek weet die HERE behartig die regsaak van die hulpeloses en die regte van die armes.
Lees PSALMS 140
Luister na PSALMS 140
Deel
Vergelyk alle weergawes: PSALMS 140:1-13
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's