PSALMS 140:1-13
PSALMS 140:1-13 Afrikaans 1983 (AFR83)
Vir die koorleier. 'n Psalm van Dawid. Red my van mense wat sleg is, Here, beskerm my teen mense wat geweld pleeg, wat slegte dinge bedink en elke dag vyandskap aanblaas. Hulle tonge is so giftig soos slange, hulle woorde so venynig soos adders. Sela Hou my uit die mag van die goddeloses, Here, beskerm my teen mense wat geweld wil pleeg, wat planne maak om my uit die pad te kry. Hovaardige mense stel vir my strikke, hulle span toue om my te vang, hulle stel 'n valstrik op my pad. Sela Ek sê vir die Here: U is my God! Here, luister tog na my smeekgebed. O Here my God aan wie ek behoort, my kragtige Redder, U beskerm my wanneer die goddeloses my aanval. Moet tog nie dat hulle hulle sin kry nie, Here, moet tog nie dat hulle planne slaag nie. Sela Dié wat my van alle kante bedreig, verhef hulle teen U; laat hulle dreigemente hulleself tref. Laat gloeiende kole op hulle val, gooi hulle in modderputte dat hulle nie weer daar uitkom nie. Laat daar geen skindertong in die land wees nie, laat onheil dié wat geweld pleeg, elke keer weer tref! Ek weet, die Here behartig die regsaak van die hulpelose, Hy sorg vir die reg van die arme.
PSALMS 140:1-13 Bybel vir almal (ABA)
Vir die leier van die koor: Van Dawid. 'n Psalm. Here, U moet my red van slegte mense, U moet my beskerm teen wrede mense. Hulle maak planne om slegte dinge te doen, hulle wil hê dat mense oorlog moet maak. Sela Hulle tonge is so skerp soos slange se tonge, en hulle is so giftig soos slange. Here, U moet my beskerm teen mense wat verkeerd doen, teen wrede mense wat planne maak om my dood te maak. Hoogmoedige mense wil my vang, hulle het 'n vangnet van toue gemaak en hulle het dit styfgetrek oor my pad, hulle wou vir my in vangstrikke vang. Ek sê vir die Here: U is my God. Here, U moet luister hoe ek soebat. Here, my Here, U is sterk en U sal my red. U het my beskerm toe daar oorlog was. U moenie vir die mense wat verkeerd doen, gee wat hulle wil hê nie, U moet keer, hulle planne moenie slaag nie, Sela sodat hulle nie kan dink hulle is belangrik nie. Die mense wat my van al die kante aanval, is hoogmoedig. Hulle sê baie dinge teen my, U moet al daardie dinge met hulleself laat gebeur. U moet warm kole vuur op hulle laat val, U moet húlle in diep gate laat val, hulle moenie daaruit kan kom nie. Mense wat sleg praat van ander mense moenie in die land bly nie, U moet die wrede mense wegjaag. Dit moet altyd sleg gaan met hulle. Ek weet dat die Here die mens sal help wat homself nie kan help nie wanneer mense hom beskuldig. Die Here sal reg doen aan mense wat niks het nie.
PSALMS 140:1-13 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
VIR die musiekleier. 'n Psalm van Dawid. Red my, HERE, van die kwaaddoeners, bewaar my vir die manne van geweld; wat slegte dinge in die hart bedink, wat elke dag stryd verwek. Hulle maak hul tong skerp soos 'n slang; gif van 'n adder is onder hulle lippe. Sela. Bewaar my, HERE, vir die hande van die goddelose; behoed my vir die manne van geweld wat planne beraam om my voete weg te stoot. Trotsaards het vir my 'n vangnet gespan en toue; hulle het 'n net uitgespan aan die kant van die pad; strikke het hulle vir my gestel. Sela. Ek het tot die HERE gesê: U is my God; luister tog, HERE, na die stem van my smekinge! HERE Here, Sterkte van my heil, U beskut my hoof in die dag van stryd! HERE, gee tog nie die begeertes van die goddelose nie; laat sy listige plan nie geluk, sodat hulle hul verhef nie. Sela. Wat betref die hoof van die wat my omring — laat die onheil van hulle lippe hulle oordek. Laat vurige kole op hulle afgegooi word; mag Hy hulle laat val in die vuur, in kuile, sodat hulle nie weer opstaan nie! Laat die kwaadspreker nie op aarde bevestig word nie; die man van geweld — laat die ongeluk hom jaag met slag op slag. Ek weet dat die HERE die regsaak van die ellendige, die reg van die behoeftiges sal behartig.
PSALMS 140:1-13 Afrikaans 1983 (AFR83)
Vir die koorleier. 'n Psalm van Dawid. Red my van mense wat sleg is, Here, beskerm my teen mense wat geweld pleeg, wat slegte dinge bedink en elke dag vyandskap aanblaas. Hulle tonge is so giftig soos slange, hulle woorde so venynig soos adders. Sela Hou my uit die mag van die goddeloses, Here, beskerm my teen mense wat geweld wil pleeg, wat planne maak om my uit die pad te kry. Hovaardige mense stel vir my strikke, hulle span toue om my te vang, hulle stel 'n valstrik op my pad. Sela Ek sê vir die Here: U is my God! Here, luister tog na my smeekgebed. O Here my God aan wie ek behoort, my kragtige Redder, U beskerm my wanneer die goddeloses my aanval. Moet tog nie dat hulle hulle sin kry nie, Here, moet tog nie dat hulle planne slaag nie. Sela Dié wat my van alle kante bedreig, verhef hulle teen U; laat hulle dreigemente hulleself tref. Laat gloeiende kole op hulle val, gooi hulle in modderputte dat hulle nie weer daar uitkom nie. Laat daar geen skindertong in die land wees nie, laat onheil dié wat geweld pleeg, elke keer weer tref! Ek weet, die Here behartig die regsaak van die hulpelose, Hy sorg vir die reg van die arme.
PSALMS 140:1-13 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Vir die •musiekleier. 'n Psalm. Van Dawid. Red my, HERE, van slegte mense; hou my veilig teen geweldenaars, hulle wat in hulle harte booshede beplan, wat elke dag gevegte aanhits. Hulle maak hulle tonge so skerp soos dié van slange; die gif van adders skuil agter hulle lippe. •Sela HERE, beskerm my teen die hande van goddeloses; hou my veilig teen geweldenaars wat beplan om my voete te laat ontspoor. Hoogmoediges het in die geheim vir my 'n vangnet gespan; met toue het hulle 'n net langs die pad oopgesprei; vangstrikke het hulle vir my gestel. Sela Ek het vir die HERE gesê: “U is my God; HERE, luister na my smeekgebed. HERE, my Heer, die krag wat my verlos, U beskut my kop op die dag van oorlog. HERE, gee tog nie die goddeloses wat hulle begeer nie; hulle bose planne, laat dit nie slaag nie. Hulle sal verwaand raak. Sela “Die koppe van hulle wat my omring, laat dit oordek word met die onheil wat hulle ander toewens.” Mag gloeiende kole oor hulle uitgeskud word; mag Hy hulle in die vuur laat val, in bodemlose putte dat hulle nooit weer opstaan nie. Lasteraars – mag hulle nie gevestig raak in die land nie. Geweldenaars – mag onheil op hulle jag maak, keer op keer. Ek weet: Die HERE behartig die regsaak van magteloses, die reg van behoeftiges.
PSALMS 140:1-13 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Verlos my, HERE, van die bose man; bewaar my van die geweldenaar; wat onheil in hulle hart voorstel; gedurigdeur word hulle vir oorlog versamel. Hulle het hul tonge skerp gemaak soos 'n slang; adders se gif is onder hul lippe. Sela. Bewaar my, o HERE, uit die hande van die goddelose; bewaar my van die geweldenaar; wat voorgeneem het om my wandel omver te werp. Die hoogmoediges het vir my 'n strik en toue weggesteek; hulle het 'n net uitgesprei langs die pad; hulle het vir my jenewer gesit. Sela. Ek het aan die HERE gesê: U is my God; hoor die stem van my smekinge, HERE! O HERE HERE, sterkte van my heil, U het my hoof bedek in die dag van oorlog. Gee nie, o HERE, die begeertes van die goddelose nie; verder nie sy goddelose plan nie; dat hulle hulleself nie verhef nie. Sela. Wat die hoof betref van die wat my omring, laat die onheil van hulle lippe hulle bedek. Laat gloeiende kole op hulle val; laat hulle in die vuur gegooi word; in diep kuile, dat hulle nie weer opstaan nie. Laat geen kwaadspreker op die aarde gevestig word nie: onheil sal die geweldenaar jag om hom te vernietig. Ek weet dat die HERE die saak van die ellendiges en die reg van die armes sal handhaaf. Waarlik, die regverdiges sal U Naam loof; die opregtes sal voor U aangesig woon.
PSALMS 140:1-13 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Red my van bose mense, HERE, beskerm my van gewelddadiges wat in hulle harte boosheid beplan en die hele dag vyandskap aanhits. Hulle tonge is giftig soos ’n slang; hulle woorde venynig soos adders. Sela HERE, hou my uit die hande van goddeloses. Bewaar my van gewelddadige mense wat saamspan om my te laat val. Trotsaards het vir my ’n strik gestel; ’n net van toue het hulle gespan, en op die pad vir my wippe gestel. Sela Ek het vir die HERE gesê: U is my God! Luister tog, HERE, na my gebed om genade! Oppermagtige HERE, my sterke redder, U bewaar my op die dag van die veldslag. HERE, moenie toegee aan begeertes van bose mense nie. Moenie toelaat dat hulle planne suksesvol is nie. Sela Mag die leiers wat my omsingel, oorspoel word met die boosheid waarvan hulle praat. Laat gloeiende kole op hulle val, laat vuur op hulle val. Uit modderputte sal hulle nie kan kom nie. Moenie toelaat dat lasteraars hulle in ons land vestig nie. Laat mense van geweld keer op keer met rampe getref word. Maar ek weet die HERE behartig die regsaak van die hulpeloses en die regte van die armes.