PSALMS 126:1-6

PSALMS 126:1-6 NLV

Toe die HERE die bannelinge teruggebring het na Sion toe, was dit vir ons soos ’n droom. Ons het toe gelag en van vreugde gesing. Die ander nasies het gesê: “Die HERE het groot dinge vir hierdie mense gedoen.” Die HERE het groot dinge vir ons gedoen en ons is vol vreugde! Verander tog ons lot, HERE, soos strome in die Suidland. Hulle wat met trane saai, sal met vreugde maai. Hulle wat met trane die saadsak loop en dra, sal beslis sing van vreugde wanneer hulle die gerwe dra.