Dank die HERE, maak sy Naam bekend! Maak sy dade bekend aan die nasies. Sing vir Hom, sing tot sy eer! Vertel van sy wonderdade aan almal. Roem sy heilige Naam. Wees bly, dienaars van die HERE! Vra na die HERE en sy krag, hou aan om Hom te soek. Dink aan sy wonderdade, sy tekens en sy regspraak. Kinders van Abraham, sy dienaar, nakomelinge van Jakob, God se uitverkorenes. Hy is die HERE ons God. Sy uitsprake is oor die hele aarde. Hy sal sy verbond altyd onthou, die bepalings wat Hy beveel het vir duisend geslagte, die verbond met Abraham gesluit en sy eed aan Isak. Hy het dit aan Jakob bevestig as ’n vaste bepaling, aan Israel as ’n voortdurende verbond: “Ek gee die land Kanaän vir jou as jou eie besitting.” Toe hulle maar min was, ’n klein groepie mense en vreemdelinge in die land, het hulle rondgetrek tussen die volke, van een koninkryk na die ander. Hy het nie toegelaat dat hulle verdruk word nie. Ter wille van hulle, het Hy konings gewaarsku: “Moenie my gesalfdes aanraak, en my profete kwaad aandoen nie.”
Lees PSALMS 105
Luister na PSALMS 105
Deel
Vergelyk alle weergawes: PSALMS 105:1-15
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's