SPREUKE 8:12-17

SPREUKE 8:12-17 NLV

“Ek, Wysheid, maak my tuis by dié wat verstand het. Ek weet waar om kennis en onderskeidingsvermoë te bekom. Hulle wat respek het vir die HERE, haat dit wat verkeerd is. Daarom haat ek hoogmoed en hovaardigheid, ’n verkeerde lewe en slinkse woorde. Ek besit raad en goeie oordeel. Ek het insig en sterkte. Konings regeer met my hulp. Deur my maak regeerders die regte wette. Leiers neem deur my hulp leiding. Deur my maak vooraanstaande mense die regte uitsprake. Ek het hulle lief wat my liefhet. Hulle wat na my soek, sal my kry.