SPREUKE 8:12-17
SPREUKE 8:12-17 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
“Ek, Wysheid, maak my tuis by dié wat verstand het. Ek weet waar om kennis en onderskeidingsvermoë te bekom. Hulle wat respek het vir die HERE, haat dit wat verkeerd is. Daarom haat ek hoogmoed en hovaardigheid, ’n verkeerde lewe en slinkse woorde. Ek besit raad en goeie oordeel. Ek het insig en sterkte. Konings regeer met my hulp. Deur my maak regeerders die regte wette. Leiers neem deur my hulp leiding. Deur my maak vooraanstaande mense die regte uitsprake. Ek het hulle lief wat my liefhet. Hulle wat na my soek, sal my kry.
SPREUKE 8:12-17 Bybel vir almal (ABA)
Ek is wysheid. Waar ek is, daar weet mense wat om te doen, ek weet wat mense moet leer om die regte dinge te kan doen. Mense wat nie daarvan hou om ander mense te bedrieg nie, is mense wat die Here respekteer en Hom dien. Ek haat mense wat hoogmoedig en trots is, mense wat sleg lewe en vals is wanneer hulle praat. Ek help mense om reg te besluit en om die regte wysheid te kry, ek maak mense slim en sterk. Konings gebruik my wanneer hulle regeer, leiers gebruik my wanneer hulle moet sê wat reg is. Amptenare, belangrike mense, almal wat reg moet oordeel, gebruik my. Ek is lief vir mense wat lief is vir my, mense wat my soek, kry my.
SPREUKE 8:12-17 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Ek, Wysheid, is vertroud met die skranderheid, en ek vind kennis van regte oorleg. Die vrees van die HERE is om te haat wat sleg is; hoogmoed en trotsheid en 'n slegte wandel en 'n huigelagtige mond haat ek. Raad en beleid is myne, ek is die insig, sterkte is myne. Deur my regeer die konings en stel die maghebbers vas wat reg is; deur my heers die vorste en die edeles, al die regters van die aarde. Ék het lief die wat my liefhet, en die wat my soek, sal my vind.
SPREUKE 8:12-17 Afrikaans 1983 (AFR83)
“Ek, Wysheid, het die verstand, ek het die kennis en die skranderheid. Om die Here te dien, is om te haat wat verkeerd is. Daarom haat ek hoogmoed en hovaardigheid, 'n verkeerde lewe en slinkse woorde. Wie my het, het raad en behaal sukses, ek verleen insig, ek is die een wat die mag gee. Met my hulp regeer konings goed en laat maghebbers reg geskied; met my hulp heers die mense wat mag het, die leiers, elkeen wat reg regeer. Ek het dié lief wat my liefhet; dié wat my soek, vind my.
SPREUKE 8:12-17 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
“ Ek, Wysheid, die kennis van goeie oordeel verkry ek. Ontsag vir die HERE is om die kwaad te haat; verwaandheid, hoogmoed, 'n verkeerde pad en 'n verdorwe mond haat ek. Ek beskik oor raad en vindingrykheid; ek, insig, beskik oor krag. Deur my regeer konings, en hooggeplaastes vaardig regverdige dekrete uit. Deur my voer •aanvoerders bevel, ook vooraanstaandes – almal wat regverdige beslissings neem. Wie my liefhet, het ek self ook lief, en wie my soek, sal my vind.
SPREUKE 8:12-17 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Ek wysheid woon in verstandigheid, en ek vind kennis van geestige versinsels. Die vrees van die HERE is om te haat wat sleg is; trotsheid en hoogmoed en die verkeerde weg en die verkeerde mond haat ek. Die raad is myne en die gesonde wysheid; ek is verstand; Ek het krag. Deur my heers konings, en vorste bepaal geregtigheid. Deur my heers vorste en edeles, al die regters van die aarde. Ek het die wat My liefhet, lief; en die wat My vroeg soek, sal My vind.
SPREUKE 8:12-17 Die Boodskap (DB)
“Wysheid moet gesien kan word daar waar mense moeilike situasies reg hanteer, daar waar die regte woorde op die regte oomblik gesê word. “Onthou, wysheid begin by liefde vir die Here. Wie Hom liefhet, haat dinge soos om te veel van jouself te dink. Wysheid verag ’n verkeerde manier van leef en praat. “Die wysheid verskaf die regte raad, kennis en insig vir ’n gelukkige lewe. Niemand kan sonder wysheid klaarkom nie. Konings gebruik dit om te regeer, staatspresidente maak goeie wette daarmee en regters sorg dat die regte besluite geneem word. “Wie wysheid liefhet, is gelukkig. Wie daarna smag om reg te leef, sal dit regkry.
SPREUKE 8:12-17 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
“Ek, Wysheid, maak my tuis by dié wat verstand het. Ek weet waar om kennis en onderskeidingsvermoë te bekom. Hulle wat respek het vir die HERE, haat dit wat verkeerd is. Daarom haat ek hoogmoed en hovaardigheid, ’n verkeerde lewe en slinkse woorde. Ek besit raad en goeie oordeel. Ek het insig en sterkte. Konings regeer met my hulp. Deur my maak regeerders die regte wette. Leiers neem deur my hulp leiding. Deur my maak vooraanstaande mense die regte uitsprake. Ek het hulle lief wat my liefhet. Hulle wat na my soek, sal my kry.