SPREUKE 15:1-7

SPREUKE 15:1-7 NLV

’n Vriendelike antwoord kalmeer die gemoedere, ’n dwars antwoord laat woede opspring. Die woorde van wyse mense maak kennis aanloklik. Dwase mense borrel oor van dwase dinge. Die HERE sien oral wat gebeur. Sowel slegte as goeie mense hou Hy dop. Vriendelike woorde bring lewe, bedrieglike woorde vernietig mense. ’n Dwaas praat smalend oor wat sy pa hom leer, iemand wat hom laat reghelp, is verstandig. In die huis van regverdiges is daar skatte. Wat die goddelose inbring, bring vir hom moeilikheid. Wyse mense versprei kennis met wat hulle sê. Dwase mense kan dit nie doen nie.

Gratis leesplanne en oordenkings oor SPREUKE 15:1-7