SPREUKE 15:1-7

SPREUKE 15:1-7 AFR83

'n Sagte antwoord laat woede bedaar; 'n krenkende woord laat woede ontvlam. Die woorde van wyse mense maak kennis iets begeerliks; dwase mense sê net dwase dinge. Die Here sien oral; Hy hou slegte en goeie mense dop. Kalmerende woorde bring lewe, skynheilige woorde breek mense. 'n Dwaas verag wat sy vader hom leer; wie hom laat teregwys, is verstandig. In die huis van die regverdige is daar groot rykdom; die inkomste van die goddelose is vir hom tot nadeel. Wyse mense versprei kennis met wat hulle sê; dwase het verdraaide opvattings.

Gratis leesplanne en oordenkings oor SPREUKE 15:1-7