Hy wat hom nie steur aan raad nie, soek na moeilikheid. Hy wat hom aan die reëls steur, sal die goeie vrugte daarvan pluk. Die raad wat wyse mense gee, is soos ’n fontein met water wat lewe gee; as jy dit volg, ontsnap jy die lokvalle van die dood. Mense het respek vir iemand wat goeie insig het. ’n Onbetroubare mens loop ’n pad van vernietiging. ’n Verstandige mens dink voor hy iets doen. Dwase mense verkondig hulle dwaasheid aan die wêreld. ’n Onbetroubare boodskapper kry moeilikheid. ’n Gesant wat jy kan vertrou, bring voorspoed. Hy wat hom nie wil laat reghelp nie, beland in armoede en vernedering. Hy wat ’n teregwysing ter harte neem, ontvang eer. Begeertes wat vervul word, bring vreugde; dwase mense het ’n afkeer daaraan om kwaad te vermy. Hy wat met wyse mense meng, verkry self ook wysheid. Meng jou met dwase en jy word self soos hulle. Teëspoed lê op die hakke van die sondaars. Die regverdiges word met voorspoed beloon. ’n Goeie mens laat iets na vir kleinkinders. ’n Sondaar se besittings beland by die regverdiges. Wanneer armes se grond bewerk is, gee dit genoeg kos vir hulle; maar deur onreg word die kos van hulle af weggevat. Hy wat sy seun nie dissipline leer nie, het hom nie regtig lief nie. As hy hom liefhet, sal hy hom dissiplineer. Die regverdige mens het oorgenoeg om te eet. Goddelose mense bly altyd honger.
Lees SPREUKE 13
Luister na SPREUKE 13
Deel
Vergelyk Alle Weergawes: SPREUKE 13:13-25
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's