Die Kanaänitiese koning van Arad het in die Negevwoestyn in Kanaän gebly. Hy het gehoor dat die Israeliete aan die kom is. Die Israeliete het intussen Horberg verlaat en by Salmona kamp opgeslaan. Hulle is van Salmona af weg en het by Punon kamp opgeslaan. Van Punon af is hulle na Obot waar hulle kamp opgeslaan het. Hulle het Obot verlaat en by Ije-Abarim op die grens van Moab kamp opgeslaan. Hulle is van Ije-Abarim af weg en het by Dibon-Gad kamp opgeslaan. Hulle het Dibon-Gad verlaat en by Almon-Diblatajim kamp opgeslaan. Van Almon-Diblatajim het hulle by die Abarimberge reg teenoor Nebo kamp opgeslaan. Hulle het die Abarimberge verlaat en op die Moabsvlakte langs die Jordaan reg teenoor Jerigo kamp opgeslaan. Daar in die Moabsvlakte aan die kant van die Jordaan het hulle oral gekamp vanaf Bet-Jesimot tot by Abel-Sittim. Daar op die Moabsvlakte langs die Jordaan reg teenoor Jerigo het die HERE vir Moses gesê: “Praat met die Israeliete en sê vir hulle: As julle die Jordaan oorsteek, is julle in die land Kanaän. Julle moet almal wat daar woon uit die land verdryf. Vernietig al die afgodsbeelde wat hulle vir hulle uitgekerf en gegiet het. Verwoes al hulle offerhoogtes. Neem die land in besit en gaan woon daar. Ek gee die land sodat julle dit kan besit. Verdeel die land volgens die grootte van elke stam deur die lot te werp. Gee meer grond vir ’n groter groep, en minder vir ’n kleiner groep. Soos die lot dit uitwys, moet elkeen sy deel kry. So sal elke stam sy eie grond hê. Die inwoners van die land wat julle nie uitdryf nie, sal soos splinters in julle oë en soos dorings in julle sye wees. Hulle sal met julle baklei omdat julle in die land woon. Ek sal dan met julle maak wat Ek met hulle wou maak!”
Lees NUMERI 33
Deel
Vergelyk alle weergawes: NUMERI 33:40-56
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's