NUMERI 33:40-56
NUMERI 33:40-56 Afrikaans 1983 (AFR83)
Die Kanaänitiese koning van Arad, wat in die Suidland van Kanaän gewoon het, het gehoor dat die Israeliete aan die kom is. Die Israeliete het Horberg verlaat en by Salmona kamp opgeslaan. Hulle het Salmona verlaat en by Punon kamp opgeslaan. Hulle het Punon verlaat en by Obot kamp opgeslaan. Hulle het Obot verlaat en by Ije-Abarim aan die grens van Moab kamp opgeslaan. Hulle het Ije-Abarim verlaat en by Dibon-Gad kamp opgeslaan. Hulle het Dibon-Gad verlaat en by Almon-Diblatajim kamp opgeslaan. Hulle het Almon-Diblatajim verlaat en in die Abarimberge regoor Nebo kamp opgeslaan. Hulle het die Abarimberge verlaat en in die Moabsvlakte aan die Jordaan regoor Jerigo kamp opgeslaan. Daar in die Moabsvlakte aan die Jordaan, tussen Bet-Jesimot en Abel-Sittim, het hulle kamp opgeslaan. In die Moabsvlakte aan die Jordaan regoor Jerigo het die Here vir Moses gesê: “Praat met die Israeliete en sê vir hulle: As julle die Jordaan na Kanaän toe oorsteek, moet julle al die inwoners van dié land verdrywe. Vernietig al die afgodsbeelde wat hulle vir hulle uitgesny en gegiet het, en verwoes al hulle hoogtes. Neem die land in besit en gaan woon daar, want Ek gee die land aan julle as besitting. Verdeel die land deur loting volgens julle stamme. Gee meer grond aan 'n groter groep, en minder aan 'n kleiner groep. Elkeen kry sy deel waar die lot dit aanwys. Elke stam moet sy eie grond hê. As julle nie al die inwoners van die land verdryf nie, sal dié van hulle wat oorbly, soos splinters in julle oë en soos dorings in julle sye wees. Hulle sal teen julle oorlog maak oor die land waarin julle woon, en dan sal Ek aan júlle doen wat Ek aan húlle wou doen!”
NUMERI 33:40-56 Bybel vir almal (ABA)
Die koning van Arad was 'n Kanaäniet. Hy het gehoor dat die Israeliete in sy land gekom het. Hy het in die Suid-land gewoon, in die land Kanaän. Die Israeliete het van Hor-berg verder gegaan en hulle het hulle tente opgeslaan by Salmona, toe by Punon, Obot, Ije-Abarim in die land Moab, Dibon-Gad, Almon-Diblatajim, die Abarim-berge by Nebo, en in die Moab-vlakte naby die Jordaan-rivier, oorkant die stad Jerigo. Hulle het hulle tente opgeslaan naby die Jordaan-rivier, van die stad Bet-Jesimot tot by Abel-Sittim in die Moab-vlakte. Die Here het met Moses gepraat in die Moab-vlakte, by die Jordaan-rivier oorkant die stad Jerigo. Die Here het vir Moses gesê: “Jy moet met die Israeliete praat en vir hulle sê: Wanneer julle oor die Jordaan-rivier gaan na die land Kanaän, dan moet julle al die mense wegjaag wat in die land woon. Julle moet hulle beelde stukkend slaan, die klip-beelde en die metaal-beelde, en julle moet hulle offer-plekke verwoes. Dan moet julle die land vir julle vat en julle moet daar gaan woon, want Ek het die land vir julle gegee, julle moet dit kry. Julle moet lootjies trek en julle moet die land verdeel tussen julle families. Julle moet vir 'n groot familie 'n groot stuk grond gee en vir 'n kleiner familie 'n kleiner stuk grond. Elke persoon moet die grond kry wat die lootjie sê. Elke stam moet sy eie grond hê. En as julle nie die mense wegjaag wat in die land woon nie, dan sal daardie mense wat julle laat oorbly, vir julle wees soos dorings in julle oë en soos skerp penne in julle heupe. Hulle sal julle laat swaarkry in die land waar julle woon. En dan sal Ek die slegte dinge aan júlle doen wat Ek aan hulle wou doen.”
NUMERI 33:40-56 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En die Kanaäniet, die koning van Arad, wat in die Suidland in die land Kanaän gewoon het, het gehoor dat die kinders van Israel aankom. En hulle het van die berg Hor af opgebreek en laer opgeslaan in Sálmona. En hulle het van Sálmona af opgebreek en laer opgeslaan in Punon. En hulle het van Punon af opgebreek en laer opgeslaan in Obot. En hulle het van Obot af opgebreek en laer opgeslaan in Ijje-Haäbárim, by die grens van Moab. En hulle het van Ijjim af opgebreek en laer opgeslaan in Dibon-Gad. En hulle het van Dibon-Gad af opgebreek en laer opgeslaan in Almon-Diblataim. En hulle het van Almon-Diblataim af opgebreek en laer opgeslaan in die gebergte Abárim, voor Nebo. En hulle het van die gebergte Abárim af opgebreek en laer opgeslaan in die vlaktes van Moab, by die Jordaan van Jérigo. En hulle het laer opgeslaan by die Jordaan van Bet-Hajésimot af tot by Abel-Hassittim, in die vlaktes van Moab. En die HERE het met Moses gespreek in die vlaktes van Moab, by die Jordaan van Jérigo, en gesê: Spreek met die kinders van Israel en sê vir hulle: As julle deur die Jordaan in die land Kanaän intrek, moet julle al die bewoners van die land voor julle uit verdrywe en hulle beeldhouwerk verniel; ook moet julle al hulle gegote beelde verniel en al hulle hoogtes verwoes. En julle moet die land in besit neem en daarin woon; want Ek het die land aan julle gegee om dit te besit. En julle moet die land deur die lot as erfdeel verwerwe, volgens julle geslagte; vir die wat baie is, moet julle hulle erfdeel groot maak, en vir die wat min is, moet jy hulle erfdeel klein maak. Waar die lot vir iemand val, moet dit sy deel wees; volgens julle vaderlike stamme moet julle dit as erfdeel verwerwe. Maar as julle die bewoners van die land nie voor julle uit verdrywe nie, sal die wat julle van hulle laat oorbly, soos dorings in julle oë wees en soos angels in julle sye, en hulle sal julle beveg in die land waar julle in woon. En soos Ek gedink het om aan hulle te doen, sal Ek aan julle doen.
NUMERI 33:40-56 Afrikaans 1983 (AFR83)
Die Kanaänitiese koning van Arad, wat in die Suidland van Kanaän gewoon het, het gehoor dat die Israeliete aan die kom is. Die Israeliete het Horberg verlaat en by Salmona kamp opgeslaan. Hulle het Salmona verlaat en by Punon kamp opgeslaan. Hulle het Punon verlaat en by Obot kamp opgeslaan. Hulle het Obot verlaat en by Ije-Abarim aan die grens van Moab kamp opgeslaan. Hulle het Ije-Abarim verlaat en by Dibon-Gad kamp opgeslaan. Hulle het Dibon-Gad verlaat en by Almon-Diblatajim kamp opgeslaan. Hulle het Almon-Diblatajim verlaat en in die Abarimberge regoor Nebo kamp opgeslaan. Hulle het die Abarimberge verlaat en in die Moabsvlakte aan die Jordaan regoor Jerigo kamp opgeslaan. Daar in die Moabsvlakte aan die Jordaan, tussen Bet-Jesimot en Abel-Sittim, het hulle kamp opgeslaan. In die Moabsvlakte aan die Jordaan regoor Jerigo het die Here vir Moses gesê: “Praat met die Israeliete en sê vir hulle: As julle die Jordaan na Kanaän toe oorsteek, moet julle al die inwoners van dié land verdrywe. Vernietig al die afgodsbeelde wat hulle vir hulle uitgesny en gegiet het, en verwoes al hulle hoogtes. Neem die land in besit en gaan woon daar, want Ek gee die land aan julle as besitting. Verdeel die land deur loting volgens julle stamme. Gee meer grond aan 'n groter groep, en minder aan 'n kleiner groep. Elkeen kry sy deel waar die lot dit aanwys. Elke stam moet sy eie grond hê. As julle nie al die inwoners van die land verdryf nie, sal dié van hulle wat oorbly, soos splinters in julle oë en soos dorings in julle sye wees. Hulle sal teen julle oorlog maak oor die land waarin julle woon, en dan sal Ek aan júlle doen wat Ek aan húlle wou doen!”
NUMERI 33:40-56 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Die Kanaänitiese koning van Arad, die een wat in die Negev, in die land Kanaän, gewoon het, het toe gehoor dat die Israeliete aan die kom was. Hulle het van die berg Hor af weggetrek en kamp opgeslaan by Salmona. Hulle het van Salmona af weggetrek en kamp opgeslaan by Punon. Hulle het van Punon af weggetrek en kamp opgeslaan by Obot. Hulle het van Obot af weggetrek en kamp opgeslaan by Ije-Abarim op die grens van Moab. Hulle het van Ije-Abarim af weggetrek en kamp opgeslaan by Dibon-Gad. Hulle het van Dibon-Gad af weggetrek en kamp opgeslaan by Almon-Diblatajim. Hulle het van Almon-Diblatajim af weggetrek en kamp opgeslaan by die Abarimberge voor Nebo. Hulle het van die Abarimberge af weggetrek en kamp opgeslaan in die vlaktes van Moab, by die Jordaan, teenoor Jerigo. Hulle het kamp opgeslaan in die vlaktes van Moab, by die Jordaan, van Bet-Jesimot af tot by Abel-Sittim. Die HERE het met Moses gepraat in die vlaktes van Moab, by die Jordaan, teenoor Jerigo, en gesê: “ Praat met die Israeliete en sê vir hulle, ‘Wanneer julle die Jordaan oorsteek na die land Kanaän, moet julle al die inwoners van die land voor julle uit verdryf en al hulle afbeeldings vernietig. Al die namaaksels van hulle gegote beelde moet julle vernietig, en al hulle offerhoogtes moet julle verwoes. Dan moet julle die land in besit neem en daarin woon, want aan julle het Ek die land gegee om dit te besit. Julle moet die land onder mekaar verdeel deur loting. Volgens julle familiegroepe moet julle vir dié wat baie is, 'n groter erfdeel gee; vir dié wat min is, moet jy 'n kleiner erfdeel gee. Waar die lot ook al vir iemand val, dit sal syne wees. Volgens die stamme van julle voorvaders moet julle dit onder mekaar verdeel. “ ‘As julle egter nie die inwoners van die land voor julle uit verdryf nie, sal dié van hulle wat julle laat oorbly, soos splinters wees in julle oë en soos dorings in julle sye. Hulle sal julle aanval in die land waar julle woon. En dan, wat Ek beplan het om aan hulle te doen, sal Ek aan julle doen.’ ”
NUMERI 33:40-56 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En koning Arad, die Kanaäniet, wat in die suide in die land Kanaän gewoon het, het gehoor van die koms van die kinders van Israel. En hulle het van die berg Hor af opgebreek en laer opgeslaan in Salmona. En hulle het van Salmona af opgebreek en laer opgeslaan in Punon. En hulle het van Punon af opgebreek en laer opgeslaan in Obot. En hulle het van Obot af opgebreek en laer opgeslaan in Ijeabarim, aan die grens van Moab. En hulle het van Iim af opgebreek en laer opgeslaan in Dibongad. En hulle het van Dibongad af opgebreek en laer opgeslaan in Almondiblataim. En hulle het van Almondiblataim af opgebreek en laer opgeslaan in die gebergte Abárim, voor Nebo. En hulle het van die gebergte Abarim af opgebreek en laer opgeslaan in die vlaktes van Moab by die Jordaan by Jerigo. En hulle het laer opgeslaan by die Jordaan, van Bet-Jesimot af tot by Abel-Sittim, in die vlaktes van Moab. En die HERE het met Moses gespreek in die vlaktes van Moab by die Jordaan naby Jerigo en gesê: Spreek met die kinders van Israel en sê vir hulle: As julle deur die Jordaan trek na die land Kanaän; Dan moet julle al die inwoners van die land voor julle uit verdrywe en al hulle beelde vernietig en al hulle gegote beelde vernietig en al hulle hoogtes heeltemal afruk. En julle moet die inwoners van die land verdryf en daarin woon, want Ek het die land aan julle gegee om dit in besit te neem. En julle moet die land deur die lot as 'n erfdeel onder julle geslagte verdeel; en aan wie meer moet julle gee, hoe meer erfenis, en aan die minderes, hoe minder erfenis; elkeen se erfdeel moet wees op die plek waar sy lot val; volgens die stamme van julle vaders moet julle erwe. Maar as julle nie die inwoners van die land voor julle uit verdrywe nie; dan sal dit gebeur dat die wat julle van hulle laat oorbly, sal prikke in julle oë en dorings in julle sye wees, en julle sal vererg in die land waarin julle woon. En dit sal gebeur dat Ek aan julle sal doen soos Ek gedink het om aan hulle te doen.
NUMERI 33:40-56 Die Boodskap (DB)
Die Kanaänitiese koning van Arad, wat in die Negev, die suidelike woestyngebied van Kanaän, gewoon het, het gehoor dat die Israeliete aan die kom is. Die Israeliete het Hor verlaat en by Salmona kamp opgeslaan. Van daar af het hulle by die volgende plekke kamp opgeslaan: Punon, Obot, Ije-Abarim aan die grens van Moab, Dibon-Gad, Almon-Diblatajim, die Abarimberge regoor Nebo en die Moabsvlakte langs die Jordaanrivier regoor Jerigo. Daar langs die Jordaanrivier, tussen Bet-Jesimot en Abel-Sittim, het hulle kamp opgeslaan. Daar in die vlakte van Moab aan die oorkant van die Jordaanrivier regoor Jerigo het die Here vir Moses die volgende opdragte gegee: “Sê vir die Israeliete: As julle oor die Jordaanrivier trek in die land Kanaän in, moet julle al die inwoners van die land wegjaag. Julle moet al hulle uitgesnyde en gegote afgode vernietig en hulle offerplekke verwoes. Neem die land in en gaan bly daar, want Ek gee dit vir julle. Julle moet die land verdeel deur die stamme volgens hulle getalle te laat lootjies trek. Die groter stamme moet meer grond kry as die kleiner stamme. Hierdie verdeling is finaal. Die verskillende stamme moet elkeen op hulle eie grond bly. Wees gewaarsku, as julle nie al die oorspronklike inwoners van hierdie gebied uit die land uit verdryf nie, gaan hulle vir julle groot probleme veroorsaak. Hulle sal net so irriterend wees soos ’n splinter in ’n mens se oog of ’n doring op ’n ongemaklike plek. Hulle sal julle in julle eie land aanval en teen julle oorlog maak. En dan straf Ek julle soos Ek van plan was om hulle te straf!”
NUMERI 33:40-56 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Die Kanaänitiese koning van Arad het in die Negevwoestyn in Kanaän gebly. Hy het gehoor dat die Israeliete aan die kom is. Die Israeliete het intussen Horberg verlaat en by Salmona kamp opgeslaan. Hulle is van Salmona af weg en het by Punon kamp opgeslaan. Van Punon af is hulle na Obot waar hulle kamp opgeslaan het. Hulle het Obot verlaat en by Ije-Abarim op die grens van Moab kamp opgeslaan. Hulle is van Ije-Abarim af weg en het by Dibon-Gad kamp opgeslaan. Hulle het Dibon-Gad verlaat en by Almon-Diblatajim kamp opgeslaan. Van Almon-Diblatajim het hulle by die Abarimberge reg teenoor Nebo kamp opgeslaan. Hulle het die Abarimberge verlaat en op die Moabsvlakte langs die Jordaan reg teenoor Jerigo kamp opgeslaan. Daar in die Moabsvlakte aan die kant van die Jordaan het hulle oral gekamp vanaf Bet-Jesimot tot by Abel-Sittim. Daar op die Moabsvlakte langs die Jordaan reg teenoor Jerigo het die HERE vir Moses gesê: “Praat met die Israeliete en sê vir hulle: As julle die Jordaan oorsteek, is julle in die land Kanaän. Julle moet almal wat daar woon uit die land verdryf. Vernietig al die afgodsbeelde wat hulle vir hulle uitgekerf en gegiet het. Verwoes al hulle offerhoogtes. Neem die land in besit en gaan woon daar. Ek gee die land sodat julle dit kan besit. Verdeel die land volgens die grootte van elke stam deur die lot te werp. Gee meer grond vir ’n groter groep, en minder vir ’n kleiner groep. Soos die lot dit uitwys, moet elkeen sy deel kry. So sal elke stam sy eie grond hê. Die inwoners van die land wat julle nie uitdryf nie, sal soos splinters in julle oë en soos dorings in julle sye wees. Hulle sal met julle baklei omdat julle in die land woon. Ek sal dan met julle maak wat Ek met hulle wou maak!”