NUMERI 1:47-54

NUMERI 1:47-54 NLV

Die Leviete was nie hierby ingesluit nie. Die HERE het vir Moses gesê: “Jy moenie die stam van Levi insluit by die res van Israel wanneer jy hulle tel nie. Jy moet die Leviete oor die tabernakel van die verbond aanstel. Plaas hulle in beheer van al sy meubels en toebehore. Hulle moet dit vervoer wanneer julle trek. Hulle moet ook vir sy toebehore sorg. Hulle moet die tabernakel versorg en daar rondom hulle tente opslaan. Wanneer julle verder trek, moet die Leviete dit elke keer afbreek en weer opslaan. “As enigiemand anders daar naby kom, sal hy doodgemaak word. Elke stam moet op sy bepaalde plek gaan staan onder die vaandel van sy afdeling. Die Leviete sal rondom die tabernakel van die verbond kamp opslaan om die Israeliete te beskerm teen die woede van die HERE. Die Leviete moet by die tabernakel wag staan.” Die Israeliete het presies net so gemaak soos die HERE vir Moses gesê het.

Gratis leesplanne en oordenkings oor NUMERI 1:47-54