Die HERE het met Moses by die tabernakel in die woestyn van Sinai gepraat. Dit was in die middel van die lente, in die tweede jaar nadat Israel uit Egipte weg is: “Neem ’n sensus op van al die Israeliete volgens hulle stamme en hulle familiegroepe. Stel ’n lys op met die name van al die weerbare mans bo twintig jaar. Jy en Aäron moet dit doen. Uit elke stam moet ’n leier julle help. “Die name van die mans wat julle moet bystaan uit die onderskeie stamme, is: Ruben Elisur seun van Sedeür Simeon Selumiël seun van Suri-Saddai Juda Nagson seun van Amminadab Issaskar Netanel seun van Suar Sebulon Eliab seun van Gelon Josef se seuns: Efraim Elisama seun van Ammihud Manasse Gamliël seun van Pedasur Benjamin Abidan seun van Gidoni Dan Agiëser seun van Ammi-Saddai Aser Pagiël seun van Okran Gad Eljasaf seun van Reüel Naftali Agira seun van Enan “Dit was die leiers wat uit elke familie gekies is.” Moses en Aäron en die leiers het daardie selfde dag nog die volk bymekaargeroep. Elke man bo twintig jaar is volgens sy stam en familienaam geregistreer. Hulle is daar in die Sinaiwoestyn getel, presies soos die HERE vir Moses gesê het. Die mans bo twintig, wat kon gaan veg, was: Ruben, die oudste seun van Israel 46 500 Simeon 59 300 Gad 45 650 Juda 74 600 Issaskar 54 400 Sebulon 57 400 Efraim seun van Josef 40 500 Manasse seun van Josef 32 200 Benjamin 35 400 Dan 62 700 Aser 41 500 Naftali 53 400 Dit was die getal mans wat kon gaan veg van twintig jaar en ouer, wat Moses en Aäron getel het volgens hulle families. Al die Israeliete bo twintig wat kon gaan veg, is volgens hulle families getel. Hulle was altesaam 603 550.
Lees NUMERI 1
Luister na NUMERI 1
Deel
Vergelyk alle weergawes: NUMERI 1:1-46
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's