Op pad terug van die omgewing van Tirus het Jesus oor Sidon en deur die Tien Stede-gebied na die See van Galilea gegaan. Hulle bring toe ’n dowe man met ’n spraakgebrek na Hom toe en soebat Hom om sy hand op die man te sit om hom gesond te maak. Jesus het hom opsy geneem, heeltemal weg van al die mense af. Toe steek Hy sy vingers in die man se ore en smeer spoeg aan sy tong. Terwyl Hy na die hemel toe opkyk, sug Hy swaar en beveel toe: “Gaan oop!” Oombliklik kon die man hoor en normaal praat!
Lees MARKUS 7
Luister na MARKUS 7
Deel
Vergelyk alle weergawes: MARKUS 7:31-35
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's