MARKUS 5:24-32

MARKUS 5:24-32 NLV

Jesus het toe saam met hom gegaan. ’n Groot klomp mense het agter Hom aan gekom en teen Hom saamgedrom. Daar was ’n vrou onder hulle wat vir twaalf jaar aan bloedvloeiing gely het. Sy het baie swaargekry onder die baie dokters wat haar behandel het, en om haar dokterskostes te dek het sy alles bestee wat sy gehad het. Tog het sy niks beter geword nie, maar eerder agteruitgegaan. Toe sy van Jesus hoor, het sy deur die skare gebeur en van agter aan sy klere geraak. Sy het gedink: “As ek net aan sy klere kan raak, sal ek gesond word.” Die bloeding het dadelik gestop en sy kon aan haar liggaam agterkom dat sy gesond is. Jesus het dadelik agtergekom dat daar genesingskrag van Hom uitgegaan het. Daarom het Hy so tussen die baie mense omgedraai en gevra: “Wie het aan my klere geraak?” Sy dissipels protesteer toe: “U sien tog hoe die massa U verdring. Hoe kan U vra: ‘Wie het aan my klere geraak?’” Maar Jesus het bly rondkyk om te sien wie dit gedoen het.

Video vir MARKUS 5:24-32