MARKUS 5:24-32
MARKUS 5:24-32 Bybel vir almal (ABA)
Jesus het saam met Jaïrus gegaan. 'n Klomp mense het ook saamgegaan en hulle was so baie dat hulle teen Jesus gedruk het. Daar was 'n vrou wat twaalf jaar lank siek was. Sy het aangehou bloei. Sy het baie swaar gekry. Sy was by baie dokters en sy het alles wat sy gehad het, gegee om hulle te betaal, maar dit het nie gehelp nie. Sy het nog sieker geword. Sy het van Jesus gehoor en sy het van agter gekom, tussen die klomp mense deur. Sy het aan Jesus se klere geraak. Sy het gedink as sy net aan Jesus se klere kan raak, dan sal sy gesond word. Sy het dadelik opgehou bloei en sy het geweet haar liggaam is gesond. Jesus het ook gevoel dat van sy krag uit Hom uitgegaan het. Hy het omgedraai tussen die klomp mense en gevra: “Wie het aan my klere geraak?” Sy dissipels sê toe vir Hom: “U sien daar is baie mense wat naby U staan en teen U druk. Hoekom vra U: ‘Wie het aan My geraak?’ ” Jesus het rondgekyk om te sien wie dit gedoen het.
MARKUS 5:24-32 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En Hy het saam met hom gegaan. En 'n groot menigte het Hom gevolg en Hom verdring. En 'n sekere vrou wat twaalf jaar lank bloedvloeiing gehad het en veel onder baie geneeshere gely en al haar besittings uitgegee het sonder om enige baat te vind, maar eerder erger geword het, het van Jesus gehoor en onder die skare van agter gekom en sy kleed aangeraak; want sy het gesê: As ek maar sy klere kan aanraak, sal ek gesond word. En dadelik het die fontein van haar bloed opgedroog, en sy het aan haar liggaam bemerk dat sy van haar kwaal genees was. En dadelik toe Jesus in Homself die krag gewaarword wat van Hom uitgegaan het, draai Hy Hom om onder die skare en sê: Wie het my klere aangeraak? En sy dissipels antwoord Hom: U sien dat die skare U verdring, en U sê: Wie het My aangeraak? Toe kyk Hy rond om haar te sien wat dit gedoen het.
MARKUS 5:24-32 Afrikaans 1983 (AFR83)
Hy het saam met hom gegaan. 'n Groot menigte het agter Hom aan gegaan en hulle het van alle kante af teen Hom gedruk. Daar was ook 'n vrou wat al twaalf jaar lank aan bloedvloeiing gely het. Sy het baie gely onder die behandeling van talle dokters en het alles wat sy gehad het, daaraan bestee. Sy het egter geen baat daarby gevind nie; haar toestand het eerder vererger. Sy het van Jesus gehoor en in die gedrang nader gekom en van agter af aan sy klere geraak, want sy het gedink: as ek maar net aan sy klere kan raak, sal ek gesond word. En dadelik het die bron van haar bloedvloeiing opgedroog, en sy kon aan haar liggaam agterkom dat sy van haar kwaal ontslae was. Jesus het ook self onmiddellik geweet dat daar van Hom krag uitgegaan het. Hy het Hom in die gedrang omgedraai en gevra: “Wie het aan my klere geraak?” Sy dissipels het Hom geantwoord: “U sien tog dat die mense van alle kante af teen U druk, en dan vra U nog: Wie het aan My geraak?” Hy het rondom Hom gekyk om te sien wie dit gedoen het.
MARKUS 5:24-32 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Jesus het saam met hom vertrek. 'n Groot skare het Hom gevolg en teen Hom gedruk. Daar was 'n vrou wat al twaalf jaar lank aan bloedvloeiing gely het. Sy het erg gely onder baie dokters, en sy het al haar besittings daaraan bestee. Sy het egter geen baat daarby gevind nie – dit het eerder slegter met haar gegaan. En toe sy van Jesus hoor, het sy in die skare van agter af gekom en aan sy bokleed geraak, want sy het gesê: “As ek maar net aan sy bokleed kan raak, sal ek gesond word.” Die oorsaak van haar bloeding het toe dadelik opgehou, en sy het aan haar liggaam gevoel dat sy van haar kwaal genees is. Jesus het onmiddellik agtergekom dat krag uit Hom uitgegaan het. Hy het in die skare omgedraai en gevra: “Wie het aan my bokleed geraak?” Maar sy dissipels het vir Hom gesê: “U sien dat die skare van alle kante af teen U druk, en tog vra U, ‘Wie het aan My geraak?’ ” Hy het om Hom bly rondkyk om die een te sien wat dit gedoen het.
MARKUS 5:24-32 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En Jesus het saam met hom gegaan; en baie mense het Hom gevolg en Hom saamgedrom. En 'n sekere vrou wat twaalf jaar lank 'n bloedvloeiing gehad het, En het baie gely van baie geneeshere, en het alles wat sy gehad het uitgegee, en dit was niks beter nie, maar het eerder erger geword, Toe sy van Jesus hoor, het sy agter in die pers gekom en sy kleed aangeraak. Want sy het gesê: As ek maar sy klere mag aanraak, sal ek gesond word. En dadelik het die fontein van haar bloed opgedroog; en sy het in haar liggaam gevoel dat sy van daardie plaag genees is. Toe Jesus dadelik by Homself geweet het dat deug uit Hom uitgegaan het, het Hy hom in die pers omgedraai en gesê: Wie het my klere aangeraak? En sy dissipels sê vir Hom: U sien die skare wat U saamdrom, en U sê: Wie het My aangeraak? En hy het rondgekyk om haar te sien wat hierdie ding gedoen het.
MARKUS 5:24-32 Die Boodskap (DB)
Die mense is agter hulle aan en het rondom Jesus gedruk en gebondel. Onder die mense was daar ’n vrou wat twaalf jaar lank al vreeslik gebloei het. Sy het al baie swaargekry en het al wat ’n dokter was, besoek, maar niks wou help nie. Sy het net al hoe sieker geword. Sy het van Jesus gehoor en toe by haarself geredeneer: “As ek net aan hierdie Man kan raak, weet ek dat ek gesond sal word.” Toe Jesus so tussen die baie mense deurstap, kry sy haar kans. Sy kom van agter af en vat aan Hom. Sy kon aan haar liggaam voel hoe sy beter word en die pyn weggaan. Sy was gesond! Jesus het dadelik geweet dat iemand van sy krag gebruik het om gesond te word. Hy draai toe om en vra: “Wie’t aan My gevat?” Die dissipels was dadelik by: “U sien tog hoe druk en beur die mense hier om U. Hoe kan U nog vra: ‘Wie’t aan My gevat?’” Maar Jesus het Hom nie aan hulle gesteur nie, maar bly rondkyk om te sien wie dit was.
MARKUS 5:24-32 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Jesus het toe saam met hom gegaan. ’n Groot klomp mense het agter Hom aan gekom en teen Hom saamgedrom. Daar was ’n vrou onder hulle wat vir twaalf jaar aan bloedvloeiing gely het. Sy het baie swaargekry onder die baie dokters wat haar behandel het, en om haar dokterskostes te dek het sy alles bestee wat sy gehad het. Tog het sy niks beter geword nie, maar eerder agteruitgegaan. Toe sy van Jesus hoor, het sy deur die skare gebeur en van agter aan sy klere geraak. Sy het gedink: “As ek net aan sy klere kan raak, sal ek gesond word.” Die bloeding het dadelik gestop en sy kon aan haar liggaam agterkom dat sy gesond is. Jesus het dadelik agtergekom dat daar genesingskrag van Hom uitgegaan het. Daarom het Hy so tussen die baie mense omgedraai en gevra: “Wie het aan my klere geraak?” Sy dissipels protesteer toe: “U sien tog hoe die massa U verdring. Hoe kan U vra: ‘Wie het aan my klere geraak?’” Maar Jesus het bly rondkyk om te sien wie dit gedoen het.