MIGA 7:7-9

MIGA 7:7-9 NLV

Ek, daarenteen, sien met verwagting uit na wat die HERE gaan doen. Ek wag in vertroue dat God my moet red. My God sal my verseker verhoor! My vyande, julle moenie julle oor my verlekker nie! Ek het geval, maar ek sal weer opstaan. Al sit ek nou in duisternis, die HERE is ’n lig vir my. Ek sal die straf van die HERE verduur, want ek het teen Hom gesondig. As dit eers verby is, sal Hy my saak opneem teen my vyande. Hy sal reg aan my laat geskied. Hy sal weer lig in my lewe bring en ek sal sy regverdigheid sien.