MIGA 7:7-9

MIGA 7:7-9 AFR83

Maar ek sal vertrou op die Here, ek sal wag vir die God wat my red. My God sal my gebed verhoor. Moet jou nie oor my verlekker nie, my vyand, al het ek tot 'n val gekom, ek sal weer opstaan, al sit ek in die donker, die Here is my lig. Ek sal aanvaar dat die Here my straf in sy toorn, want ek het teen Hom gesondig. Wanneer Hy my saak verhoor en oor my uitspraak lewer, sal Hy weer lig bring in my lewe, sal ek ondervind dat Hy die oorwinning gee.