LEVITIKUS 9:1-6

LEVITIKUS 9:1-6 NLV

Na die wydingseremonie, op die agtste dag, het Moses vir Aäron en sy seuns en die leiers van Israel bymekaargeroep. Hy het vir Aäron gesê: “Neem ’n jong bul as ’n sonde-offer en ’n ram as ’n brandoffer en gee dit vir die HERE. Al twee diere moet sonder enige liggaamsgebrek wees. Sê dan vir die Israeliete om ’n bokram as sonde-offer en ’n jaaroud bulkalf en ’n lam as brandoffer te bring, almal sonder liggaamsgebrek. Sê ook vir hulle om ’n bees en ’n ram as ’n maaltydoffer te bring en meel gemeng met olyfolie as ’n graanoffer. Sê vir hulle om al hierdie offers aan die HERE te bring omdat Hy vandag aan julle gaan verskyn.” Die volk het toe al hierdie dinge na die voorkant van die tent van ontmoeting toe gebring, net soos Moses hulle beveel het. Die hele gemeenskap het gekom en daar in die teenwoordigheid van die HERE gestaan. Toe het Moses gesê: “As julle hierdie instruksies van die HERE volg, sal die glorieryke teenwoordigheid van die HERE sigbaar word voor julle.”

Video vir LEVITIKUS 9:1-6