LEVITIKUS 25:47-52

LEVITIKUS 25:47-52 NLV

“As ’n vreemdeling wat onder julle woon sou ryk word, en as een van julle mede-Israeliete bankrot speel en hulleself verkoop aan so ’n vreemdeling, behou hulle nog steeds die reg om teruggekoop te word. Hulle mag deur ’n naby familielid – ’n oom, ’n neef of enige ander naby familielid – teruggekoop word. Hulle mag hulleself ook vrykoop as hulle die geld het. “Die prys vir hulle vryheid sal bepaal word deur die aantal jare wat oor is tot by die volgende Jubeljaar – dit wil sê, hoeveel dit sal kos om vir daardie bepaalde tydsduur ’n slaaf te huur. As daar nog baie jare oor is, sal die verkoopprys ’n groot deel van die oorspronklike koopprys wees. As daar nie baie jare oor is nie, sal hulle ’n kleiner bedrag vir hulle vryheid moet betaal.