JOSUA 6:24-27

JOSUA 6:24-27 NLV

Hulle het die stad met alles wat daarin was, verbrand. Die goed wat van silwer en goud gemaak was en die brons- en ystergoed het hulle egter in die skatkis van die HERE se heiligdom gaan sit. So het Josua die prostituut Ragab en haar familie wat saam met haar in die huis was, laat bly leef. Sy het haar tussen die Israeliete gevestig tot vandag toe. Sy het die mans wat Josua gestuur het om Jerigo te gaan verken, weggesteek. In daardie tyd het Josua ’n eed afgelê: “Die HERE vervloek die man wat die stad Jerigo probeer herbou. As hy weer sy fondament probeer lê, sal dit hom sy oudste seun kos. As hy die deure van die poorte weer probeer insit, gaan hy sy jongste seun verloor.” Die HERE was met Josua. Josua het deur die hele land beroemd geword.