Op die tiende dag van die eerste maand het die volk deur die Jordaan getrek. Hulle het gaan kamp opslaan by Gilgal, oos van Jerigo. Hier by Gilgal het Josua die twaalf klippe wat hulle uit die Jordaan uit saamgebring het, opmekaargestapel. Hy het vir die Israeliete gesê: “Wanneer julle kinders in die toekoms vir hulle pa’s vra: ‘Watse klippe is dit hierdie?’ moet julle hulle vertel: ‘Israel het hier op droë grond deur die Jordaanrivier getrek. Die HERE julle God het die water van die Jordaan voor julle laat wegdroog sodat julle daar deur kon gaan, net soos die Here destyds die Rietsee voor ons laat wegdroog het sodat ons daar deur kon trek.’ Hy het dit gedoen sodat al die volke van die aarde kon erken dat die HERE groot mag het, en dat julle solank julle lewe die HERE julle God moet vereer.”
Lees JOSUA 4
Luister na JOSUA 4
Deel
Vergelyk alle weergawes: JOSUA 4:19-24
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's