Ek verseker julle, julle sal huil en treur, maar die wêreld sal juig. Julle sal baie hartseer wees, maar julle hartseer sal in blydskap verander. ’n Vrou het pyn wanneer sy geboorte skenk omdat haar tyd gekom het. Wanneer die baba egter gebore is, onthou sy nie meer die swaarkry nie vanweë die groot blydskap dat daar ’n mens in die wêreld gekom het. Julle ondervind ook nou hartseer. As Ek julle egter weer sien, sal julle harte oorloop van blydskap, en niemand sal dié blydskap weer van julle af wegneem nie. En op daardie dag sal julle My niks meer uitvra nie. Ek verseker julle, wat julle ook al van die Vader vra in my Naam, sal Hy aan julle gee. Tot nou toe het julle nog nie in my Naam gebid nie. Hou aan bid, en julle sal ontvang, sodat julle blydskap volledig kan wees. “Dit het Ek met behulp van beeldspraak aan julle verduidelik. Daar kom ’n tyd wanneer Ek nie meer met behulp van beeldspraak met julle sal praat nie, maar openlik die Vader aan julle sal verkondig. Op daardie dag sal julle in my Naam bid. Ek sê nie dat Ek die Vader sal raadpleeg oor julle nie, want die Vader self het julle lief omdat julle My lankal reeds liefgehad het, en vas glo dat Ek van God af gekom het. Ek het van die Vader af gekom en bevind My nou in hierdie wêreld. Ek verlaat weer die wêreld en gaan terug na die Vader toe.” Sy dissipels sê toe: “Kyk, nou praat U openlik, en U doen dit sonder enige beeldspraak. Ons besef ook nou dat U alles weet en niemand hoef U verder uit te vra nie. Daardeur is ons oortuig dat U van God af gekom het.” Jesus het hulle geantwoord: “Glo julle nou? Kyk, daar kom ’n tyd, en dit het reeds aangebreek, dat julle uitmekaargedryf sal word, elkeen op sy eie, terwyl julle My alleen agterlaat. Tog is Ek nie alleen nie, omdat die Vader by My is. Ek sê hierdie dinge vir julle sodat julle in My rus en vrede kan vind. In die wêreld sal julle swaarkry beleef, maar skep moed: Ek het die wêreld reeds oorwin.”
Lees JOHANNES 16
Luister na JOHANNES 16
Deel
Vergelyk alle weergawes: JOHANNES 16:20-33
5 Days
Hurry doesn’t just make you weary. It is the great enemy of your spiritual life. In The Ruthless Elimination of Hurry, John Mark Comer provides four down-to-earth practices for staying emotionally healthy and spiritually alive: 1) Silence and solitude, 2) Sabbath, 3) simplicity, and 4) slowing. It’s the unhurried Way of Jesus.
7 days
What if there’s a better way to fight the endless worries that keep you up at night? Real rest is available—maybe closer than you think. Replace panic with peace through this 7-day Bible Plan from Life.Church, accompanying Pastor Craig Groeschel’s message series Anxious for Nothing.
7 Days
Most of us try to avoid or ignore our emotions. We might even wonder if our faith and our feelings are enemies. But during His time on earth, Jesus felt emotions deeply. He wasn’t distant from us. He’s with us—even in our emotions. In this 7-day Bible Plan accompanying Pastor Craig Groeschel’s series, Emotions, we’ll look at how Jesus lived to discover how our feelings might increase our faith.
10 Days
Let’s slow down this Holy Week and learn from Christ’s final days on earth. Each day we will receive lessons or gifts that He took the time to give. Do you need a fresh reminder of what mattered most to Christ—that you love His people and follow Him? What could He want to teach you this Holy Week?
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's