JEREMIA 32:37-41

JEREMIA 32:37-41 NLV

Maar hoor gerus hier: Ek sal hulle weer bymekaarmaak van oral oor die aarde waarheen Ek hulle verjaag het oor Ek woedend kwaad vir hulle was. Dan sal Ek hulle na hierdie plek toe terugbring en hulle veilig laat woon. Hulle sal weer my volk wees en Ek sal hulle God wees. Ek sal hulle harte op My rig, met een doel voor oë: om My vir altyd te dien. Dit sal vir hulle en hulle kinders die beste wees om te doen. “Ek sal ’n ewige verbond met hulle sluit waarin Ek belowe om nie op te hou om goeie dinge vir hulle te doen nie. Verder sal Ek ’n begeerte by hulle wakker maak om My in eerbied te dien. Dan sal hulle nie weer van My af wegdwaal nie. Dit sal vir My baie aangenaam wees om goeie dinge vir hulle te doen. Ek sal getrou wees en hulle in hierdie land vestig. Ek sal dit heelhartig doen.