JEREMIA 32:37-41
JEREMIA 32:37-41 Die Boodskap (DB)
Maar hoor gerus hier, Ek sal my mense weer bymekaarmaak wat Ek weggejaag het omdat Ek kwaad was. Dan sal Ek hulle terugbring uit al die lande waar Ek hulle laat beland het. Hier sal Ek hulle veilig in Jerusalem laat bly. Dan sal hulle weer my volk wees en Ek sal hulle God wees. Ek sal maak dat hulle almal sal saamstem om vir altyd net vir My te dien. Dit sal vir hulle en hulle kinders die beste ding wees om te doen. Ek sal met hulle ’n ooreenkoms maak wat nooit sal ophou nie. Ek sal hulle nooit in die steek laat nie. Ek sal ook nie ophou om goeie dinge vir hulle te doen nie. Verder sal Ek ’n begeerte by hulle wakker maak om My te respekteer. Dan sal hulle nie weer van My af wegdwaal nie. Dit sal vir My baie lekker wees om goeie dinge vir hulle te doen. Ek sal sorg dat hierdie land weer hulle vaste blyplek sal wees. Dit is my grootste begeerte om te sien dat dit gebeur.
JEREMIA 32:37-41 Bybel vir almal (ABA)
Luister, Ek was kwaad en baie ontevrede en Ek het die mense van die stad gejaag na al die kante toe. Maar Ek sal hulle bymekaarmaak uit al die lande en Ek sal hulle terugbring en hulle veilig laat woon. Hulle sal my volk wees en Ek sal hulle God wees. Ek sal hulle almal saam laat besluit om My altyd te dien en om te lewe soos Ek wil hê, sodat dit goed sal gaan met hulle en hulle kinders. Ek sal 'n verbond met hulle maak vir altyd. Ek sal nie weggaan van hulle nie, Ek sal goed wees vir hulle. En Ek sal hulle harte verander sodat hulle My sal wil dien, en sodat hulle nie sal weggaan van My nie. Ek sal dit geniet om goed te wees vir hulle. Ek sal hulle regtig in hierdie land plant, Ek sal dit doen met my hele hart.”
JEREMIA 32:37-41 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
kyk, Ek laat hulle bymekaarkom uit al die lande waarheen Ek hulle verdryf het in my toorn en in my grimmigheid en in groot gramskap; en Ek sal hulle na hierdie plek terugbring en hulle veilig laat woon. En hulle sal vir My 'n volk wees, en Ek sal vir hulle 'n God wees. En Ek sal hulle een hart en een weg gee om My altyd te vrees, hulle ten goede en hulle kinders ná hulle. En Ek sal 'n ewige verbond met hulle sluit, dat Ek My van hulle nie sal afwend om aan hulle goed te doen nie; en Ek sal my vrees in hulle hart gee, sodat hulle van My nie afwyk nie. En Ek sal My oor hulle verheug om aan hulle goed te doen; en Ek sal hulle duursaam in hierdie land plant, met my hele hart en met my hele siel.
JEREMIA 32:37-41 Afrikaans 1983 (AFR83)
Ek sal hulle bymekaarmaak uit al die lande waarheen Ek hulle verjaag het in my gloeiende toorn en in my groot woede. Ek sal hulle hierheen terugbring en hulle sal hier rustig kom woon. Hulle sal my volk wees en Ek sal hulle God wees. Ek sal hulle 'n onverdeelde hart en 'n vaste koers gee: hulle sal My altyd dien vir hulle eie beswil en vir dié van hulle kinders na hulle. Ek sal 'n blywende verbond met hulle sluit. Ek sal nooit ophou om aan hulle goed te doen nie en Ek sal in hulle die begeerte lê om My te dien en nie van My af weg te draai nie. Ek sal dit geniet om goed te doen aan hulle in my trou; met alles wat Ek is, sal Ek hulle weer in dié land vestig.
JEREMIA 32:37-41 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
“ Kyk, Ek gaan hulle bymekaarmaak uit al die lande waarheen Ek hulle verdryf het in my toorn, my woede en in fel grimmigheid. Ek sal hulle na hierdie plek toe terugbring en hulle veilig laat woon. Hulle sal vir My 'n volk wees, en Ek sal vir hulle 'n God wees. Ek sal aan hulle eensgesinde harte gee en een pad, sodat hulle altyd vir My ontsag sal hê, tot hulle eie beswil en dié van hulle kinders ná hulle. Ek sal 'n ewige verbond met hulle sluit: Ek sal My nooit daarvan weerhou om aan hulle goed te doen nie, en Ek sal ontsag vir My in hulle harte gee, sodat hulle nie van My af sal wegdraai nie. Ek sal My daarin verheug om aan hulle goed te doen. Ek sal hulle in getrouheid, met my hele hart en siel, in hierdie land plant. ”
JEREMIA 32:37-41 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Kyk, Ek sal hulle versamel uit al die lande waarheen Ek hulle verdryf het in my toorn en in my grimmigheid en in groot toorn; en Ek sal hulle na hierdie plek terugbring en hulle veilig laat woon. En hulle sal vir My 'n volk wees, en Ek sal vir hulle 'n God wees. En Ek sal hulle een hart en een weg gee, dat hulle My vir ewig kan vrees, tot voordeel van hulle en hulle kinders ná hulle. En Ek sal 'n ewige verbond met hulle sluit, dat Ek van hulle nie sal afwyk om aan hulle goed te doen nie; maar Ek sal my vrees in hulle harte gee, dat hulle van My nie sal wyk nie. Ja, Ek sal my oor hulle verheug om aan hulle goed te doen, en Ek sal hulle verseker in hierdie land plant met my hele hart en met my hele siel.
JEREMIA 32:37-41 Die Boodskap (DB)
Maar hoor gerus hier, Ek sal my mense weer bymekaarmaak wat Ek weggejaag het omdat Ek kwaad was. Dan sal Ek hulle terugbring uit al die lande waar Ek hulle laat beland het. Hier sal Ek hulle veilig in Jerusalem laat bly. Dan sal hulle weer my volk wees en Ek sal hulle God wees. Ek sal maak dat hulle almal sal saamstem om vir altyd net vir My te dien. Dit sal vir hulle en hulle kinders die beste ding wees om te doen. Ek sal met hulle ’n ooreenkoms maak wat nooit sal ophou nie. Ek sal hulle nooit in die steek laat nie. Ek sal ook nie ophou om goeie dinge vir hulle te doen nie. Verder sal Ek ’n begeerte by hulle wakker maak om My te respekteer. Dan sal hulle nie weer van My af wegdwaal nie. Dit sal vir My baie lekker wees om goeie dinge vir hulle te doen. Ek sal sorg dat hierdie land weer hulle vaste blyplek sal wees. Dit is my grootste begeerte om te sien dat dit gebeur.
JEREMIA 32:37-41 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Maar hoor gerus hier: Ek sal hulle weer bymekaarmaak van oral oor die aarde waarheen Ek hulle verjaag het oor Ek woedend kwaad vir hulle was. Dan sal Ek hulle na hierdie plek toe terugbring en hulle veilig laat woon. Hulle sal weer my volk wees en Ek sal hulle God wees. Ek sal hulle harte op My rig, met een doel voor oë: om My vir altyd te dien. Dit sal vir hulle en hulle kinders die beste wees om te doen. “Ek sal ’n ewige verbond met hulle sluit waarin Ek belowe om nie op te hou om goeie dinge vir hulle te doen nie. Verder sal Ek ’n begeerte by hulle wakker maak om My in eerbied te dien. Dan sal hulle nie weer van My af wegdwaal nie. Dit sal vir My baie aangenaam wees om goeie dinge vir hulle te doen. Ek sal getrou wees en hulle in hierdie land vestig. Ek sal dit heelhartig doen.