JAKOBUS 4:4-6

JAKOBUS 4:4-6 NLV

In julle huweliksverhouding met God is julle ontrou! Besef julle nie dat vriendskap met die wêreld jou ’n vyand van God maak nie? Hoor wat ek sê: As jy die wêreld tevrede wil stel, het jy klaar as vyand teen God stelling ingeneem. Of dink julle dat die Skrif sommer maar net sê: “God wil die lewe wat Hy ons gee, nét vir Homself hê”? God is egter besig om ons steeds meer genade te gee om aan Hom getrou te wees. Daarom sê die Skrif: “God weerstaan hoogmoedige mense, maar aan nederige mense gee Hy genade.”