JAKOBUS 4:4-6
JAKOBUS 4:4-6 Afrikaans 1983 (AFR83)
Weet julle nie, julle ontroues, dat vriendskap met die wêreld vyandskap teen God is nie? Wie 'n vriend van die wêreld wil wees, wys daarmee dat hy 'n vyand van God is. Of dink julle dat die Skrif sonder rede sê dat God die gees wat Hy in ons laat woon, heeltemal vir Homself wil hê? Maar die genade wat Hy gee, is nog groter. Daarom sê Hy: “God weerstaan hoogmoediges, maar aan nederiges gee Hy genade.”
JAKOBUS 4:4-6 Bybel vir almal (ABA)
Julle is slegte en sondige mense. Julle weet baie goed dat wanneer iemand 'n vriend is van die mense van die wêreld, dan is hy 'n vyand van God. Die mens wat graag 'n vriend wil wees van die mense van die wêreld, wys dat hy 'n vyand van God is. In die Ou Testament is geskryf: “ God het die lewe vir ons gegee, Hy wil ons lewe heeltemal vir Homself hê.” Julle weet dit is waar. Maar God gee vir 'n mens nog meer genade. Daarom sê God in die Ou Testament
JAKOBUS 4:4-6 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Egbrekers en egbreeksters, weet julle nie dat die vriendskap van die wêreld vyandskap teen God is nie? Wie dan 'n vriend van die wêreld wil wees, word 'n vyand van God. Of meen julle dat die Skrif tevergeefs sê: Met jaloersheid begeer die Gees wat in ons woon? Maar Hy gee groter genade; daarom sê Hy: God weerstaan die hoogmoediges, maar aan die nederiges gee Hy genade.
JAKOBUS 4:4-6 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Egbreeksters! Weet julle dan nie dat vriendskap met die wêreld vyandskap teen God beteken nie? Wie ook al 'n vriend van die wêreld wil wees, maak homself 'n vyand van God. Of dink julle dat die Skrif verniet sê dat God hunker met besitlikheid na die gees wat Hy in ons laat woon het? Maar Hy gee groter genade – daarom sê Hy: “God staan die hoogmoediges teen, maar aan die nederiges gee Hy genade.”
JAKOBUS 4:4-6 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Oubrekers en egbrekers, weet julle nie dat die vriendskap van die wêreld vyandskap met God is nie? elkeen wat dan 'n vriend van die wêreld wil wees, is 'n vyand van God. Meen julle dat die Skrif tevergeefs sê: Die gees wat in ons woon, begeer tot afguns? Maar Hy gee meer genade. Daarom sê Hy: God weerstaan die hoogmoediges, maar aan die nederiges gee Hy genade.
JAKOBUS 4:4-6 Die Boodskap (DB)
So draai julle die rug vir God en vry na die sonde. Besef julle nie dat om gedurig die verkeerde dinge te doen wat so eie aan ons as mense is, beteken om teen God te draai en sy vyand te word nie? Julle het ’n keuse. Julle kan kies om soos die mense te leef wat God nie ken nie, maar dan kies julle ook om God se vyand te word. Dink julle miskien die Skrif is sommer vir spek en boontjies geskryf? Natuurlik nie. Luister dan na wat daar staan: God wil ons lewe, wat Hy vir ons gegee het, heeltemal vir Homself hê. God gee ook vir ons baie meer as wat ons nodig het om so te leef, sonder dat ons dit verdien. Ek verwys weer na wat die Skrif sê: “God wil niks met die mense te doen hê wat dink hulle kan op hulle eie sonder God regkom nie. Maar vir daardie mense wat weet hulle is niks sonder God nie, is God baie, baie goed - meer as wat hulle ooit verdien.”
JAKOBUS 4:4-6 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
In julle huweliksverhouding met God is julle ontrou! Besef julle nie dat vriendskap met die wêreld jou ’n vyand van God maak nie? Hoor wat ek sê: As jy die wêreld tevrede wil stel, het jy klaar as vyand teen God stelling ingeneem. Of dink julle dat die Skrif sommer maar net sê: “God wil die lewe wat Hy ons gee, nét vir Homself hê”? God is egter besig om ons steeds meer genade te gee om aan Hom getrou te wees. Daarom sê die Skrif: “God weerstaan hoogmoedige mense, maar aan nederige mense gee Hy genade.”