JESAJA 66:1-4

JESAJA 66:1-4 NLV

So sê die HERE: “Die hemel is my troon en die aarde my voetstoeltjie. Kan julle ooit ’n tempel bou wat so goed is? Kan julle ’n huis bou waarin Ek sal woon? My hand het alle dinge gemaak en so het alles ontstaan. Ek, die HERE, het gepraat! “Dit is die een wat Ek raaksien, die een wat nederig is en berou het oor sy sonde, wat ontsag het vir my woord. Party mense offer bulle en ander offer mense. Sommige offer lammers as offer en ander ’n hond se nek. Party offer graan, en ook offers van varkbloed. Party offer wierook. Dis alles afskuwelike offers. Hierdie mense het besluit om hulle eie pad te loop. Hulle skep behae in hulle afskuwelikhede. Daarom sal Ek hulle moet straf en oor hulle bring wat hulle die meeste vrees. Toe Ek geroep het, het niemand geantwoord nie; toe Ek gepraat het, het niemand geluister nie. Hulle het gedoen wat in my oë verkeerd is. Hulle het gekies om te doen juis dit wat Ek haat.”