JESAJA 65:17-23

JESAJA 65:17-23 NLV

“Kyk, Ek skep ’n nuwe hemel en ’n nuwe aarde. Die vorige dinge sal nie meer onthou word nie en nie in die gedagte opkom nie. Wees bly en jubel oor wat Ek gaan skep. Ek skep ’n Jerusalem waaroor mense bly sal wees, en sy inwoners sal ’n bron van vreugde wees. Ek sal bly wees oor Jerusalem, My verheug oor my volk. In die stad sal jy nooit weer hoor hoe mense huil of om hulp roep nie. “Nooit weer sal ’n suigeling net maar ’n paar dae leef nie. Daar sal nie grysaards wees wat nie hulle jare uitleef nie. Iemand wat op 100 jaar sterf, sal as ’n jong man geag word. Iemand wat vroeër as 100 jaar sterf, sal beskou word as ’n vervloekte. Dan sal mense weer huise bou en daarin woon. Hulle sal wingerde plant en self die druiwe eet. Hulle sal nie huise bou waarin ander mense woon nie. Hulle sal nie meer plant, maar ander eet die vrugte nie. My volk sal oud word soos ’n boom. Hulle wat Ek uitverkies het, sal die vrug geniet van hulle eie handewerk. “Hulle sal nie tevergeefs swoeg, en kinders grootmaak vir rampe nie. Want hulle sal ’n volk wees wat deur die HERE geseën is, hulle en hulle afstammelinge.