Daardie dag sal almal in die land van Juda hierdie lied sing: “Ons stad is nou sterk! Ons is omring deur die mure van God se redding. Maak oop die poorte vir almal wat regverdig is. Laat die getroues binnekom. U bewaar elkeen wat op U vertrou in vrede, die mense wie se gedagtes op U gerig is. Vertrou deurgaans op die HERE, want die HERE God is vir altyd ’n veilige toevlug. Hy verneder die trotses, en die arrogante stad gooi Hy in die stof neer. Hy gooi die mure om! Die arm en verdrukte mense vertrap dit onder hulle voete. “Die pad van die regverdige is reguit. Regverdige Een, U maak die pad van die regverdige gelyk. HERE, ons doen graag wat U van ons vra. Ons enigste begeerte is om u Naam te eer. Heelnag lank soek ek na U, in die môre smag ek na U. Eers wanneer U kom om die aarde te oordeel, sal mense leer om te doen wat reg is. Uit die goedheid wat U aan die bose mense bewys, leer hulle nie wat reg is nie. Selfs waar daar reg geskied, doen hulle nog die verkeerde en steur hulle nie aan die mag van die HERE nie. O HERE, hulle luister nie wanneer U hulle dreig nie. Wys hulle dat U gretig is om u volk te beskerm. Miskien kry hulle dan skaam. Laat u vuur u vyande verteer.
Lees JESAJA 26
Deel
Vergelyk Alle Weergawes: JESAJA 26:1-11
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's