Dan, as mense ons met slinksheid en slimstreke op verkeerde paaie wil lei, sal ons nie meer soos klein kindertjies wees nie. Ons sal nie meer omgewaai of weggewaai word deur die wind van elke ding wat hulle verkondig nie. Nee, terwyl ons mekaar liefhet, sal ons by die waarheid bly en so in alle opsigte groei om soos Christus te wees. Dit werk so: Christus is die Hoof. Onder leiding van die Hoof is die liggaam goed aanmekaargesit. Al die ondersteunende ligamente hou die liggaam bymekaar. Elke liggaamsdeel vervul sy bestemde funksie, en so, deur liefde te bewys, bou die liggaam homself op.
Lees EFESIËRS 4
Luister na EFESIËRS 4
Deel
Vergelyk alle weergawes: EFESIËRS 4:14-16
5 dae
Waarop fokus jy? Dit waarop jy jou aandag vestig, is die rigting wat jou lewe gaan. Jesus daag elkeen van ons uit om ons aandag te vestig op dit wat werklik belangrik is. "Waarop fokus jy?" is 'n 5-dag leesplan waarin ons na vyf baie belangrike aspekte kyk waarop God ons elkeen roep om op te fokus!
5 Dae
Ons is geroep om te lei soos Jesus gedoen het. Leierskap begin by ’n persoon, nie ’n posisie nie, en leiers is daar om God se mense te help om sy doel met hulle te bereik. Hierdie daaglikse leesplan sal stewige leierskapfondamente by jou lê, en jou herinner dat jy eerstens ’n geliefde kind van God is, daarna ’n dienaar en eers dan ’n leier.
7 Days
Churches call them small groups, cell groups, and LifeGroups. Names aside, they exist to create meaningful relationships amongst Christ followers. But why? Are these the people we navigate our mostly comfortable Christian lives with, or is there something more? This Bible plan, by the Life.Church LifeGroups team, is for anyone who thinks God can use their small group to cause massive growth.
9 dae
COVID-19 het gemaak dat ons elkeen in sy eie “isolasie-stasie” ingetrek het en ons sukkel om daaruit te kom. Ons het gewoond geraak aan aanlynkerk en amper verleer om op ‘n Sondag kerk toe te gaan om ons offer van lof en aanbidding te gaan bring. Bybelse gemeenskap is egter hoe God se hart klop en wat Hy graag vir ons wil hê.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's