Ek het my daarop toegespits om alles wat onder die son gedoen word, te verstaan en met wysheid te deurdink. Ek het gevind dis ’n moeilike taak wat God vir die mens gegee het om hom daarmee besig te hou. Ek het al die dade gesien wat onder die son gedoen word, en kyk, alles was sinloos, ’n gejaag na wind! Wat krom is, kan nie reguit gemaak word nie. Wat weg is, kan nie getel word nie. Ek het vir myself gesê: “Ek is verstandiger as al die konings wat voor my oor Jerusalem regeer het. Ek het meer insig en kennis as enigeen van hulle verkry.” Ek het my daarop toegespits om kennis en insig van domheid en dwaasheid te onderskei. Maar ek het besef: Ook dít is net ’n gejaag na wind. Want hoe groter jou insig is, hoe meer verdriet het jy. Soos kennis vermeerder, so word jou smart meer.
Lees PREDIKER 1
Luister na PREDIKER 1
Deel
Vergelyk alle weergawes: PREDIKER 1:13-18
5 Dae
Tyd het ‘n waarde wat gekoppel is aan die ewigheid waarvan ons nie 'n begrip het nie. Die horlosie-arms wat ons lewens aanwys, kan sagte drukkies uitdeel asook harde realiteite uitwys. Hoe verstaan ons die goeie en die slegte tye vanuit ‘n menslike perspektief? Wat het veroorsaak dat selfs koning Salomo in die boek Prediker, só diep gedelf het in ‘n soeke na betekenis? In die wye spektrum wat die horlosie-arms aanwys kan ons ook introspeksie doen en in die gees hoër vlieg!
12 dae
Prediker is 'n dramatiese outobiografie van Salomo se lewe toe hy probeer het om gelukkig te wees sonder God. Daaglikse reis deur Prediker luister jy na die klankstudie en lees uitgesoekte verse uit God se woord.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's